Migrasiebeleid kom vir reisende werkers
'n Nuwe konsep oorweeg opsies wat die grootste voordeel vir die land sal inhou.
Augetto Graig - Die regering se voorgestelde nuwe beleid oor die migrasie van arbeid is 'n ambisieuse poging dat die land kan voordeel trek uit mense wat reis vir werk.
Om te slaag sal dit die samewerking van ten minste 23 ministeries, kantore en agentskappe van die regering, die werkgewersfederasie, vakbonde en private arbeidsagentskappe vereis.
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping en die internasionale organisasie vir migrasie (IOM) het 'n slypskool by die Safari-hotel in Windhoek gehou om die nasionale arbeidmigrasie-beleidskonsep te oorweeg.
Volgens die permanente sekretaris van arbeid, mnr. Bro-Mathew Shinguadja, bestaan vrees, huiwering en soms net stilte oor die kwessie.
“Ons is positief oor wat reisende arbeiders tot die ekonomie kan bydra,” het hy gesê.
In die toespraak wat hy namens minister Erkki Nghimtina gelewer het, verduidelik Shinguadja wat arbeidsmigrasie is.
“Dit is die beweging van mense van een land na 'n ander, of binne hul eie land, vir werksdoeleindes. Dus, as dit goed bestuur word, bied reisende werkers geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling,” het hy gesê.
Volgens Nghimtina se toespraak is die beleid 'n mylpaal op Namibië se ontwikkelingsagenda, en stem dit ooreen met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se protokol oor werk en arbeid - spesifiek artikel 19 van 2014.
Dit fokus op die verbeterde bestuur en beheer van migrasie, die aanmoediging van Namibiese werkers in die buiteland om deel te neem aan die ontwikkeling van die land, toegang tot maatskaplike voorsorg en maniere om geldoorplasings deur emigrante makliker te maak.
Die minister wil met die beleid 'n stelsel skep om te verseker dat buitelandse werkers in kritieke vaardighede voorsien.
Dit moet ook werwing en keuring deur private agentskappe en openbare personeelagentskappe reguleer.
Die stelsel sal Namibiese werkers in die buiteland insluit en doeltreffende ontwikkeling in Namibië ondersteun.
By die geleentheid het me. Anita Kiki Gbeho, die Verenigde Nasies se verteenwoordiger in Namibië, gesê Namibië is een van die eerstes om te begin met 'n nasionale beleid vir reisende arbeiders binne suidelike afrika.
“Ek is seker dié inisiatief sal die begrip en die bestuur van die vloei van reisende werkers na en van Namibië verbeter,” het sy gesê.
Volgens haar werk baie buitelanders in Namibië en help hulle om kritieke tekorte aan te vul. Terselfdertyd werk groot hoeveelhede Namibiërs oorsee.
“Die bydrae wat dié werkers tot ontwikkeling maak, kan net ten volle verken word ná Namibië 'n omvattende arbeidsmigrasiebeleid opgestel het,” sê sy.
“In 2013 het die suidelike afrika-streek meer as 4 miljoen migrante aangeteken, van wie 44% vroue was, en 20% onder die ouderdom van 19,” sê die VN-verteenwoordiger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie