Mikroleners maai onder verbruikers
Kontantarmoede dwing verbruikers toenemend na mikroleners sedert die Covid-19-pandemie Namibië in die ergste ooit resessie gedompel het.
Jo-Maré Duddy – In 2016, die eerste jaar van die voortslepende resessie, moes die gemiddelde salaristrekker vir N$1 429 by ‘n registreerde mikrolener gaan bakhand staan om die maand te oorleef. In die tweede kwartaal vanjaar was dit N$2 345 gemiddeld – 64% méér.
Die jongste data van die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) toon betaaldagleners se gemiddelde maandelikse reddingsboei het die afgelope dekade met bykans 150% gebult. Betaaldagleners moet hul skuld binne ‘n maand ten volle teen ‘n rentekoers van tot 30% vereffen.
Midde die derde Covid-19-golf het altesaam 61 269 betaaldagleners van Maart tot Junie na 387 geregistreerde mikroleners gestroom. Van hulle meer as een keer, aangesien 114 724 lenings in die drie maande onder oorsig aan betaaldagleners toegestaan is.
Dit is skrille kontras met die tweede kwartaal in 2020 toe die pandemie Namibië getref het. Toe het net 32 165 hulle na mikroleners gewend. In totaal is 73 319 lenings teen ‘n gemiddelde bedrag van N$1 769 aangegaan.
Om die 12 maande in perspektief te stel: 90% meer betaaldagleners moes nou lenings kry wat gemiddeld 33% groter is.
Teen die einde van Junie vanjaar het betaaldagleners se totale skuld by mikroleners bykans N$204,8 miljoen beloop, sowat N$124 miljoen of 153% méér as in Junie 2020.
In die tweede kwartaal alleen, het betaaldagleners sowat N$269,4 miljoen geleen, amper N$140 miljoen of 108% meer as in dieselfde drie maande in 2020.
Sedert die einde van Junie 2020 maai die prysmonster onder verbruikers se koopkrag. Toe was die algehele inflasiekoers 2,1%, algehele voedselinflasie was 4,9% en vervoerinflasie -0,8%.
Volgens die jongste data van die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) was algehele voedselinflasie in Oktober vanjaar 3,6%. Voedselinflasie was 5,4% en vervoerinflasie het na 10,7% versnel.
Termynleners se situasie lyk ewe beroerd. Húlle skuld mikroleners bykans N$6,8 miljard. Lees ‘n volledige ontleding van die jongste mikroleningsdata in vandag se Market Watch.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie