Milaan kaptein vir wêreldspele
Namibië se gunstige loting behoort hom minstens tot in die semifinaal te bring, voor hy teen een van die grotes te staan kom.
Andrew Poolman - ’n Talentvolle Namibiese span sal verskeie struikelblokke moet oorkom indien hy as gasheerspan vir ’n opskudding by die 2018 Wêreldstudentespele in sewesrugby wil sorg.
Die agtste weergawe van die kampioenskap van die Internasionale Universiteite Sportfederasie (Fisu) begin môre by die rugbystadion langs The Dome op Swakopmund en duur tot Saterdag.
Mnr. Les Bougard, afrigter van die Tisan-span (tersiêre instellings sportvereniging van Namibië), het gister erken dat hy bekommerd oor die span se voorbereiding is.
Namibië se status as gasheer vir die 2018-wêreldskouspel is reeds twee jaar gelede vasgeknoop, maar vanweë logistieke hindernisse sal die Namibiese spelersgroep hul aanslag op die grondslag van net enkele dae se oefenkamp op Swakopmund van stapel moet stuur.
“Twee van ons spelers by die Blou Bulle, Oderich Mouton en Chad Plato, het nie vrystelling gekry nie omdat dié unie tans voorberei vir die o.21 Curriebekerreeks wat binnekort begin. Hulle twee sou belangrike spelers vir ons gewees het, maar ons het in die afgelope dae hard gewerk om ons samespel reg te kry,” sê Bougard.
Boonop het werk- en eksamenverpligtinge in Windhoek meegebring dat enkele van die tuisgebaseerde spelers ook van die oefensessies op Swakopmund moes misloop. Die kusdorp was die afgelope dae veel warmer as wat die Namibiërs verwag het.
Suid-Afrika, Frankryk, Australië en Argentinië is die topvlak rugbylande wat op papier na die gunstelinge vir die wêreldtitel lyk. Brasilië, Colombia, China, Maleisië, Sri Lanka, Uganda en Zambië is die ander mededingers in die manskompetisie.
Die mansloting is soos volg:
Groep A: Namibië, Maleisië, Sri Lanka, Colombia.
Groep B: Frankryk, Argentinië, Uganda, Zambië.
Groep C: Australië, Suid-Afrika, China, Botswana (onttrek).
Toe die wêreldstudentespele twee jaar gelede in Wallis aangebied is, het Namibië die plaattrofee (vyfde plek) ingepalm – sy beste vertoning nóg in die toernooi waaraan hy vir die vierde keer deelgeneem het. Bougard was in 2016 ook die afrigter.
Die Namibiërs se enigste nederlae in die toernooi was teen die twee finaliste, wat ook beide in sy groep begin het. Australië het die goue medalje met ’n oorwinning van 24-20 teen Brittanje beklink.
Die Namibiese spelersgroep bestaan uit Milaan van Wyk (kaptein), Reinold Benade, Silvano Beukes, Nikin Cloete, Allie Emamdien, Simon Haitembu, Sunday Haitembu, Lloyd Jacobs, Donavan Kandjii, Chessborough Lawrence, Lee-anzo Losper, Lorenzo Louis, Camlo Martin, Kami Mieze en Shareave Titus.
Die belowende Kaapse student Reinold Benade, wat as skrumskakel sal diens doen, maak sy terugkeer tot ’n verteenwoordigende Namibiese span nadat hy ietwat van die toneel verdwyn het ná die 2014-toer na Hongkong vir die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi.
Die Tisan-span se bestuurspan is mnre. Les Bougard (afrigter), Johan Diergaardt (spanbestuurder), Llewellyn Winkler (fiksheid en kondisionering) en me. Donatha Nganovandu (fisioterapeut).
Teen gister was die organiseerders steeds besig om die wedstrydprogram van nuuts af te bevestig. Die rede was dat die vrouekompetisie se loting deur die onttrekkings van Indië en die gasheerland Namibië van stryk gebring is.
Die gebrek aan vrouespelers in Namibië het die land se deelname gesink. Selfs ’n toegewing dat Namibië sy nasionale vrouesewesspan in die veld kon stoot, het nie vrugte afgewerp nie.
Aan die vrouekant is vyf spanne ingeskryf (Australië, Suid-Afrika, Frankryk, België en Brasilië) wat almal teen mekaar sal speel voor die halfeindronde.
Kaartjies vir die geleentheid beloop N$60 per dag vir volwassenes en N$20 vir kinders ouer as 13 jaar en gratis vir kinders 12 jaar en jonger. Kaartjies is deur Computicket by Checkers en Shoprite te koop en bied terseldertyd toegang tot die PopUp Festival, ’n ekspo vir entrepreneurs wat by The Dome aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie