Militante verantwoordelik vir aanval op ambassade
Militante verantwoordelik vir aanval op ambassade

Militante verantwoordelik vir aanval op ambassade

Egipte
NAMPA
Die Egiptiese militantegroep Hasm het aanspreeklikheid vir Saterdag se ontploffing by Mianmar se ambassade in Kaïro aanvaar.

Die groep sê die aanval is uit weerwraak vir die land se weermag se optrede teen Rohingia Moslems.

“Hierdie bomaanval moet as waarskuwing dien vir die ambassades van die moordenaars van vroue en kinders in die Moslem Rakhine-staat, en is in solidariteit met die seuns van hierdie verswakte Moslembevolking,” het Hasm in ‘n verklaring gesê.

Dit is die eerste keer dat Hasm, ‘n groep wat sedert verlede jaar van aanvalle op regters en polisiebeamptes in Kaïro beskuldig word, aanspreeklikheid vir ‘n aanval op ‘n burgerlike teiken aanvaar.

“(Ons het) baie versigtig te werk gegaan om te verseker dat burgerlikes en onskuldige mense nie beseer word nie, anders sou julle ‘n brandende hel gesien het,” het Hasm in ‘n verklaring gesê.

Mianmar se regering het ‘n beroep op sy burgers in die buiteland gedoen om versigtig te wees. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!