Militêre konvooie - geen rede tot paniek
Catherine Sasman - Die ministerie van verdediging sê die beweging van militêre konvooie deur Windhoek is om welwillendheidsredes en hou nie met byvoorbeeld die dramatiese gebeure in Zimbabwe verband nie.
Dinsdagoggend is 'n groot konvooi militêre voertuie van die Namibiese weermag op die Westelike verbypad opgemerk, wat in 'n noordelike rigting op pad was.
’n Ruk later is ’n groot klomp pantsertuie langs dieselfde roete opgemerk, terwyl vragmotors met Jeeps agterop in Sam Nujomaweg gesien is. Die voertuie het in die rigting van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako beweeg.
Maj. Petrus Shilumbu, waarnemende hoof van openbare skakeling by die ministerie, sê die konvooi wat met die Westelike verbypad langs beweeg het, was nuwe militêre voertuie wat van Windhoek af na verskillende eenhede ontplooi is.
Dié wat later in Sam Nujomaweg opgemerk is, behoort aan Botswana se regering. Hy sê dié voertuie was van die buurland se droëdok in Walvisbaai af na Botswana op pad.
“Daar is niks in Namibië aan die gebeur nie,” het Shilumbu by navraag gesê, en bygevoeg mense moenie stories versprei nie.
“Dit is nie die eerste keer dat sulke konvooie in die land beweeg nie en dit moenie met politieke verwikkelinge verbind word nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie