Militêre tribunaal kla oudoffisier aan
Rwanda
‘n Rwandese militêre tribunaal het Donderdag met verhore teen ‘n voormalige weermagoffisier wat verlede maand uit Kanada gedeporteer is, oor die 1994-volksmoord begin.
Jean Claude Seyoboka staan tereg op klagtes van volksmoord, die beplanning van die volksmoord, verkragting en misdade teen die mensdom.
Hy was ‘n tweede luitenant in die weermag toe onbekende gewapende mans ‘n vliegtuig afgeskiet het waarin die destydse presidente van Rwanda en Burundi was. Dit het tot opstande deur milisies van die meerderheid Hutu etniese groep gelei wat uiteindelik vir die dood van nagenoeg 800 000 Tutsi’s en gematigde Hutu’s verantwoordelik was.
Militêre aanklaers het die tribunaal meegedeel dat Seyoboka die Interahamwe-milisie opgelei en Tutsi’s in verskeie dele van die hoofstad Kigali doodgemaak het.
Rwanda sê meer as 600 internasionale lasbriewe is vir die inhegtenisname van volksmoordverdagtes uitgereik wat steeds op vrye voet is. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie