Miljarde dollar vir PPP's verwag
Die eerste ooreenkomste is onderteken en daar is goeie vooruitsigte vir belangrike ontwikkelingsektore.
Augetto Graig - Ooreenkomste vir miljarde dollar se ontwikkelingsbelegging is tydens vandeesweek se internasionale konferensie, Invest in Namibia, gesluit.
Só sê die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, Immanuel Ngatjizeko.
Deel van dié ooreenkomste is US$250 miljoen se vennootskappe tussen die regering en die private sektor (PPP''s), waar Namibië se Otavi Rebar Manufacturing met MK International, ''n maatskappy van Suid-Korea, plaaslike met staalvervaardiging gaan saamwerk.
''n Ooreenkoms is ook met die Duitse maatskappy Polycare gesluit. Dit gaan binne die volgende ses tot agt maande ''n fabriek op Okahandja oprig wat Lego-tipe boustene uit woestynsand en polistireen vervaardig. Hiermee kan ''n huis binne twee dae gebou word - soos tydens die konferensie gedoen is.
''n Memorandum van verstandhouding is met Turkye onderteken om ''n Turks-Namibiese sakeraad in dié land te stig.
Meer as 1 700 mense, van wie sowat 400 uit die buiteland, het die konferensie bygewoon. Afgevaardigdes het meestal van Duitsland en Portugal gekom, maar ook van ander lande soos Rusland, Serwië, China, die Verenigde Koninkryk, Hongarye, Spanje, Suid-Korea, die VSA en Kanada. Nader aan Namibië was verteenwoordigers uit onder meer Suid-Afrika, Angola, Zimbabwe en Kongo-Brazzaville.
Ervaring
Beleggers, Namibiese sakelui en staatsamptenare het tussendeur met mekaar gesels en vele handelsooreenkomste het hieruit gespruit.
Ander het oor idees en waardevolle inligting vir ''n opvolgbesoek vergader.
Die Brit Roman Gray van Polycare is een só ''n voorbeeld. Hy is vol vertroue dat ''n PPP-vennootskap die antwoord op Namibië se behuisingsprobleem is. Bekostigbare behuising is een van die hoofsektore waarin Namibië belegging soek, asook in energie, landbou, toerisme, vervaardiging, logistiek en infrastruktuur.
Logistiek en infrastruktuurontwikkeling was veral vir Srini Vasan van SMH Rail in Maleisië interessant. Hy sê sy eerste besoek aan Namibië het goeie insig oor beleggings en samewerkingsgeleenthede verskaf. Hy het veral die besprekingsessie oor logistiek en infrastruktuurontwikkeling in Namibië geniet en stem saam met die Amerikaanse genooide spreker, Thomas Konditi, uitvoerende hoof General Electric in Afrika, dat die ontwikkeling van die spoorweë noodsaaklik vir Namibië se toekoms is.
“Jul aantrekkingskrag is minder as in buurlande. Dit is ''n wonderlike geleentheid vir ons en met dié konferensie het ek nou ''n oomvattende begrip van PPP''s en die land se Visie 2030,” het Vasan gesê.
Israel se Shimon Dadon van die World Youth Bank stem saam.
Sy afvaardiging het kom uitvind of Namibië in klein ontsoutingsaanlegte of kragverskaffingsoplossings belang stel.
Dadon was baie beïndruk met Namibië - wat hy as “beeldskoon” beskryf - en met Namibiërs wat hy as oop, vriendelik en toeganklik beskou. Sy groep het reeds afsprake om hul voorstelle met plaaslike besluitnemers te bespreek voor hulle weer vertrek.
* Lees ook die berig op bl. 16 oor meer ooreenkomste wat gesluit is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie