Miljarde nodig vir maatskaplike beskerming
Die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, dr. Zephania Kameeta, het vanoggend die nasionale konsepbeleid vir maatskaplike beskerming vir 2019 tot 2024 voorgestel.
Die beleid stel die uitbreiding van maatskaplike beskerming voor, en dat die regering N$10 miljard ’n jaar daaraan bestee – dubbel soveel as die N$5 miljard wat vanjaar daaraan bestee is, het Kameeta gesê.
’n Werkwinkel word tans by die Fürstenhof-hotel in Windhoek aangebied om dit te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie