Miljarde rande vloei uit SA soos buitelanders ‘vlug’
William Horne en Bloomberg – Die grootste storting van Suid-Afrikaanse staatseffekte deur buitelanders wat nóg op een dag aangeteken is, het Vrydag plaasgevind, toe buitelanders altesame R9,6 miljard se staatseffekte verkoop het.
Vir die hele week was daar ’n totale netto uitvloei van R8,6 miljard (dus die verskil tussen effekte wat buitelanders gekoop en verkoop het).
Vir die jaar tot en met 7 Junie was daar wel nog ’n netto positiewe kapitaalinvloei van R13,1 miljard in Suid-Afrika se effektemark.
Verhandeling van aandele deur buitelanders op die JSE vir die jaar tot en met 7 Junie is sowat 21% laer vergeleke met dieselfde periode in 2018. ’n Netto bedrag van R28,2 miljard se aandele is verkoop. In dieselfde tyd van 2018 was daar ’n netto invloei van R11 miljard.
Luidens ’n navorsingsverslag deur Bank of America Merrill Lynch, besit buitelanders 46% van alle aandele op die JSE, ’n eienskap wat eksklusief tot dié effektebeurs is.
Die syfers, wat vir Mei saamgestel is, is reeds twee persentasiepunte laer as dieselfde tyd verlede jaar.
Die 46% verwys slegs na maatskappye wat slegs op die JSE genoteer is en sluit dus maatskappye met ’n dubbelnotering uit. Met dié multinasionale groep ingesluit, besit beleggers 52% van die JSE se markkapitalisasie.
Waarom dit saak maak
Kapitaaluitvloei plaas die waarde van die rand onder druk weens die skielike toename in voorraad van dié geldeenheid op valutamarkte soos wat buitelanders hul randgedenomineerde bates verkoop.
Vir Suid-Afrika, een van die ontwikkelende lande ter wêreld met die grootste tekort op sy lopende rekening, is buitelandse beleggers op vele vlakke noodsaaklik.
Sonder kapitaalinvloei word dit naas onmoontlik om die lopende rekening se tekort te finansier sonder dat die Reserwebank onafhanklik buitelandse valuta teen enorme koste begin opgaar.
Redes vir uitvloei
Verlede week se kapitaaluitvloei kom te midde van ’n nuwe aanslag op die onafhanklikheid van die Reserwebank en die regering se verbintenis tot nóg reddingsboeie aan beleërde staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens.
Tesame met droewige ekonomiese groeisyfers vanuit Statistieke Suid-Afrika, naamlik ’n inkrimping van 3,2% in die bruto binnelandse produk (BBP), maak dit ontleders bekommerd oor die lewensvatbaarheid van die nasionale begroting.
Moody’s Investors Service het Maandag gesê die BBP-inkrimping van die eerste kwartaal is kredietnegatief vir die Suid-Afrikaanse regering se inkomste en beleidsopsies.
Vir houers van staatseffekte is twee faktore die belangrikste om die waarde van hul bate te evalueer: inflasie en die risiko van wanbetaling.
Moody’s se waarskuwings oor die verswakking van fiskale maatstawwe hoop die afgelope paar maande op. Moody’s is die laaste van die groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika se skuld nog op beleggingsgraad gradeer.
Nou blyk dit buitelandse beleggers evalueer self die trae ekonomiese prestasie en risiko van staatsondernemings se enorme skuldlaste as te riskant. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie