Miljardu00ear se seiljag besoek Walvisbaai
Miljardu00ear se seiljag besoek Walvisbaai

Miljardêr se seiljag besoek Walvisbaai

Estelle de Bruyn
Otis Finck op Walvisbaai - Die Tatoosh, die 92 m private superseiljag wat deur die medestigter van Microsoft en een van die vyftig rykste mense in die wêreld, mnr. Paul Allen, besit word, is op pad na Walvisbaai.

Die seiljag het op 30 Augustus van Rio de Janeiro gevaar en is geskeduleer om op 11 September by die Walvisbaai-hawe aan te doen.

Allen het die Tatoosh in 2001 teen ’n berigte koste van U$100 miljoen gekoop. Die Tatoosh is in Mei 2010 vir €125 miljoen deur Fraser Yachts te koop aangebied, maar die verkope is in 2014 teruggetrek nadat ’n koper nie gevind kon word nie.

Allen besit ook die 127 m Octupus, die wêreld se 43ste grootste superseiljag.

Die Tatoosh is oorspronklik vir die mobiele telefoonmagnaat, Craig McCaw, deur Nobiskrug in Duitsland gebou en is in 2000 voltooi. Dit spog met geriewe soos verskeie basketbalbane en plek vir helikopters om te land.

Die seiljag beskik oor vyf dekke met ’n hoofsuite, kajuit en ander kamers op die boonste dek. Die kajuit is toegerus met ’n kaggel uit Franse kalksteen en ’n eetsalon. Daar is banketkamers en ’n damesbadkamer op die hoofdek.

Die seiljag spog ook met ’n swembad, naas die hoofdek, wat 1,8 m diep is met ‘n aanpasbare vloerdiepte; ‘n rolprentteater en 14 meter lange seilbote.

Teodorín Nguema Obiang Nguema Mbasogo, die seun van Ekwatoriaal-Guinee se president, het na wat berig word, die Tatoosh teen ‘n koste van £400 000 (N$7 631 711) vir ‘n Kersfeesvaart gehuur waartydens die rap-sangeres, Eve, opgetree het

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!