Miljoene aan fonds verskuldig
Miljoene aan fonds verskuldig

Miljoene aan fonds verskuldig

Die adjunkminister van grondhervorming, me. Priscilla Boois, het in die Nasionale Vergadering vrae oor bystand aan hervestigde boere en grondbelasting beantwoord.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Altesaam N$74 048 002,82 is sedert die Hervestigingsondersteuningsfonds (PSSF) op 31 Julie vanjaar tot stand gekom het, aan 601 hervestigde boere geleen.

Só sê die adjunkminister van grondhervorming, me. Priscilla Boois, wat Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) mnr. Apius Auchab, leier van die UDF, se vrae beantwoord het.

Op 31 Julie vanjaar het die fonds bates ter waarde van N$88 838 565,02 gehad.

Dit het bestaan uit N$29 700 033 in kontant en N$59 138 531,49 in toegekende lenings.

Van 1 tot 31 Julie het vyf hervestigde boere N$581 768,23 ontvang. Op 31 Julie was ‘n bedrag van N$59 138 531,49 uitstaande. Dié bedrag sluit die kapitale balans van N$49 150 631,93 en N$9 987 899,56 in agterstallige gelde in.

Van die agterstallige bedrag, wat 16,89% van die totale leningsboek uitmaak, was N$208 652,11 tussen een en 30 dae agterstallig; N$213 232,20 tussen 31 en 60 dae agterstallig; N$313 132,46 tussen 61 en 90 dae agterstallig; N$572 038,62 tussen 91 en 120 dae agterstallig en N$8 680 844,17 meer as 121 dae agterstallig.

Die PSSF word deur middel van grondbelasting op kommersiële plase gefinansier.

Auchab wou weet hoekom die invordering van hierdie belasting in 2015 slegs sowat N$10 mijoen opgelewer het, teenoor die meer as N$29 miljoen in 2013 en meer as N$23 miljoen in 2014.

“Ná die waardasierol van 2007 in 2013 verval het, het belastinginvordering uitdagings ervaar.

“Sommige grondeienaars het hulle tot die howe gewend en het die afdwing van grondbelasting se grondwetlikheid bevraagteken. As gevolg van die hoërhofaansoeke het sommige grondeienaars belasting weerhou in afwagting op die hof se bevinding.

“As gevolg van die hofuitdagings is onsekerheid geskep oor of boere sou voortgaan om grondbelasting te betaal of nie. Ek is bly om te sê die hofuitdagings oor die geldigheid van grondbelasting in 2016 is deur die hof verwerp, wat die weg baan vir die voortgesette betaling van grondbelasting.

“Wat die vervalle waardasierol betref, is grondwaardasie en belastingregulasies hersien en gewysig om die geldigheid van die waardasierol te verleng tot ‘n nuwe waardasierol geld,” het Boois gesê.

Die PSSF word namens die regering gesamentlik deur die ministerie van grondhervorming en Agribank bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!