Miljoene gaan nie meer kan WhatsApp
Die kletsdiens beplan om teen 1 Februarie 2020 glad nie meer iPhones met iOS 7 of ouer te ondersteun nie.
Petrus Malherbe – Miljoene mense met ouer iPhones sal nie die jongste weergawe van WhatsApp kan gebruik nie.
WhatsApp 2.18.90, wat vandeesweek uitgereik is, werk net op Apple-toestelle met iOS 8.0 of hoër.
Derhalwe sal enigiemand met ’n iPhone 4 of ouer dit nie meer kan gebruik nie, want die jongste weergawe van Apple se bedryfstelsel wat op dié fone werk, is iOS 7.
Verskeie iPhone 4S-, 5- en 5S-fone werk ook nog op iOS 7, maar kan teoreties na ’n nuwer weergawe van die bedryfstelsel opgegradeer word.
Volgens ’n amptelike skrywe van WhatsApp wat die uitreiking van weergawe 2.18.90 vergesel, sal gebruikers met ouer iPhones steeds WhatsApp op iOS 7 kan gebruik, solank hulle nie die nuwe weergawe van die app aflaai nie.
Hierdie gebruikers sal met ander woorde nie WhatsApp se heel nuutste funksies kan gebruik nie, maar sal steeds boodskappe kan stuur en die ander bestaande funksies van die kletsapp kan gebruik.
Die kletsdiens, wat aan Facebook behoort, beplan egter om teen 1 Februarie 2020 glad nie meer iPhones met iOS 7 of ouer te ondersteun nie. Daarna sal WhatsApp dus op geen foon met iOS 7 of ouer werk nie.
Die inskrywing waarsku ook dat bestaande funksies reeds sonder waarskuwing uit WhatsApp kan verdwyn op ouer iPhones wat steeds iOS 7 of ouer gebruik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie