Miljoene geu00ebis nu00e1 babas sterf
Miljoene geu00ebis nu00e1 babas sterf

Miljoene geëis ná babas sterf

Drie babas is dood enkele dae nadat hulle roetine immunise­ring op ses weke ontvang het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ontken enige blaam in die dood van drie babas wat kort ná roetine immuniserings by staatsgeriewe gesterf het.

Skadevergoedingseise in dié verband beloop reeds byna N$2 miljoen.

Baba Morkel is op 9 Junie 2016 dood die dag ná haar immunisering by die St. Mary's-hospitaal op Rehoboth. Volgens hofstukke sê die ministerie egter verskeie ander babas is uit dieselfde besending entstowwe ingeënt en geen ander sterftes is aangemeld nie. Ook word maandelikse inspeksies uitgevoer waartydens die temperatuur van die yskas waarin die entstowwe gebêre word, sowel as die vervaldatums van die medikasie gemonitor word.

Dit sê voorts baba Morkel het tydens haar immunisering op ses weke 2,85 kg geweeg en het 'n gemengde voeding van borsmelk, langlewemelk en rooibostee gehad.

Haar ma se gewig van 37 kg was volgens die hofstukke 'n aanduiding van wanvoeding en sy is gevolglik deur gesondheidspersoneel op voedingsondersteuning geplaas. 'n Nadoodse ondersoek wat op 16 Junie 2016 by die staatslykhuis op baba Morkel uitgevoer is, het die oorsaak van haar dood as 'n “immuniseringsverwante sterfte” aangedui. Dié diagnose is egter 'n “eerste indruk” en daarom voorlopig totdat die uitslae van laboratoriummonsters vir histologie en toksologie bekend gemaak word.



Wag vir uitslag

'n Patologieverslag het op 5 Julie gewys die oorsaak van baba Morkel se dood kon volgens die histopatologiese evaluering waartydens toets­monsters van die derm, milt, lewer, hart en niere voorgelê is, nie vasgestel word nie. Die ministerie wag nou vir die uitslag van die toksikologie-­verslag wat volgens die hofstukke “finaal en beslissend” sal wees om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die ministerie staan Lynette Morkel se eis van N$225 000 teen en vra dat die hof dit met koste van die hand wys.

Victoria Kangala eis N$710 000 nadat haar seuntjie, Mwaukange Josef Shifiona, op 13 Januarie 2015 ná sy immunisering op ses weke by die Okuryangava-kliniek in Katutura dood is. Shifiona se gesig en kop het kort ná die inenting begin swel en hy is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem waar hy volgens hofstukke slegs Panado as medikasie gekry het. Hy is vyf dae later in die hospitaal se intensiewesorgeenheid dood.

Volgens hofstukke ontken die ministerie ook aan sy dood enige blaam en sê die entstowwe wat Shifiona ontvang het, is getoets en voldoen aan standaarde van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO). Ook word die immuniserings soggens gedoen met duidelike instruksies aan ouers om terug te keer, sou die kinders enige newe-effekte toon. Volgens die ministerie is die gesondheidspersoneel wat kinders inent, “voldoende opgelei” met die opleiding wat ook voldoen aan die WHO se standaarde en prosedures. Ook is Kangala ingelig dat sy haar baba moet terugbring kliniek toe, sou enige abnormale reaksies of simptome voorkom. Die ministerie vra dat ook Kangala se eis met koste van die hand gewys word.

Bernice Soetmelk eis N$545 000 ná die dood van haar dogtertjie Natasha op 20 Desember 2014. Natasha het ook haar roetine immunisering by die Okuryangava-kliniek die vorige dag gekry. Dieselfde dag het sy volgens hofstukke histeries gehuil en geweier dat haar ma haar borsvoed.

Omstreeks 06:00 die volgende dag het Soetmelk gesien haar dogtertjie het bloed en skuim wat uit haar oë, neus en ore kom. Natasha was reeds dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!