Miljoene kan nie verklaar word
Miljoene kan nie verklaar word

Miljoene kan nie verklaar word

Finansiële verslaggewing word gekniehalter deur 'n gebrek aan ondersteunende dokumente, uitstaande inligting en verkeerde syfers.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Volgens 'n verslag van die ouditeur-generaal oor grondaankope is sowat N$23,5 miljoen nie verklaar nie.

Dié verslag oor grondaankope en die ontwikkelingsfonds vir die 2014- en 2015-boekjaar is onlangs in die parlement ter tafel gelê en dui aan dat ondersteunende dokumente van miljoene nie ingedien is vir ouditdoeleindes nie.

Ander uitstaande dokumentasie is tenderdokumente van nagenoeg N$4,5 miljoen.

Geen betalingsbewyse is vir infrastruktuurontwikkeling ter waarde van N$4 miljoen voorsien nie en ­dokumentasie vir waardasie, asook eiendombetalingsbewyse van sowat N$92 834 is uitstaande.

Die verkoopsakte vir die plaas Werda No 560560, wat teen meer as N$8,5 miljoen vir hervestiging gekoop is, is ook nie voorsien nie.

Grondbelasting van kommersiële plase wat vir 2015 ingewin is, was sowat N$10 miljoen, wat minder is as wat in 2014 (meer as N$23 miljoen) en 2013 (meer as N$29 miljoen) ingewin is.

Verkeerde rekenkundige state van meer as N$1 miljoen vir grondbelasting tydens 2014 en 2015 onderskeidelik is in die oudit gevind.

Die ministerie het N$30 miljoen tydens 2014 en tydens 2015 aan die Nahervestiging Ondersteuningsfonds (PSSF) gegee, wat 'n wentelkredietfasiliteit is wat deur Agribank bestuur word.

Hierdie fondse is veronderstel om beleggings en bedrywe van nuutgevestigde boere te ondersteun. Dit is nie-rentedraend en het geen vaste terugbetalingsvoorwaardes nie.

Die fonds word deur die grondministerie geadministreer en is in 2000 geskep om die proses van grondverkryging, -verspreiding en ontwikkeling te fasiliteer en te versnel.



DIAMANTWAARDASIEFONDS

Nog 'n statutêre liggaam wat 'n gekwalifiseerde ouditopinie gekry het (waar sekere inligting twyfelagtig is of 'n ooreenkoms nie bereik kan word nie) vir die finansiële jare 2012 en 2013 is die Diamantwaardasiefonds. Die rede vir dié gekwalifiseerde opinie is dat bedrae van nagenoeg N$3 miljoen (2012) en meer as N$4 miljoen verkeerd aangedui is. Daar was ook onaangetekende laste en uitgawes ten bedrae van N$4 miljoen in 2013.

Geld wat vir die Diamantwaardasiefonds ingesamel is, word gebruik om die koste van die waardasie van enige ongeslypte diamant te dek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!