Miljoene mu00e9u00e9r vir skole, medisyne
Miljoene mu00e9u00e9r vir skole, medisyne

Miljoene méér vir skole, medisyne

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Sowat N$326 miljoen méér gaan in 2020-’21 in die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur ingepomp word: N$200 miljoen in infrastruktuur en N$126,4 miljoen in personeeluitgawes.
In sy halfjaar-begrotingshersiening wat vanmiddag in die parlement ter tafel gelê is, maak finansminister Iipumbu Shiimi ook voorsiening vir ‘n bykomende N$147,6 miljoen vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Dié ekstra geld is vir medisyne, personeel en Covid-verwante uitgawes bestem.
Voorts kry die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welvaart nóg N$157,7 miljoen vir maatskaplike toelae.
Ondanks ‘n verhoging in uitgawes bly die regering se totale besteding vir die huidige begrotingsjaar onveranderd op N$72,8 miljard. Shiimi het dít reggekry deur N$841,6 miljoen tussen begrotingsposte rond te skuif.
Lees die volledige berig more in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer