Miljoene se brandskade in Windhoek
Miljoene se brandskade in Windhoek

Miljoene se brandskade in Windhoek

Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Drukkersonderneming in die hoofstad, Printech CC, het Saterdagoggend tot op die grond afgebrand.

Konst. Fabian Amukwelele, woordvoerder vir die stadspolisie, sê die brand in Windhoek-Wes het omstreeks 10:00 ontstaan.

’n Paar ure later was daar niks oor van die gebou nie, het hy by navraag gesê.

Toe Republikein op die toneel aankom, was die brandweer en nooddienste nog besig om die situasie onder beheer te bring.

’n Man is in ’n ambulans op die toneel behandel.

Verskeie nuuskierige omstanders het gestaan en toekyk.

Amukwelele sê reusedrukmasjiene is in dié brand in puin gelê. “Die skade is beduidend.”

Volgens hom duur die polisieondersoek voort om vas te stel wat tot die vlammehel aanleiding gegee het.

’n Bron, wat ook op die toneel was en gehelp het om die brand te blus, reken die skade beloop etlike miljoene Namibiese dollar.

Volgens hom het ’n elektriese kortsluiting moontlik die brand veroorsaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!