Miljoene vir verlies van oog

'n Man wat in 'n kroeg op Gobabis aangeval is, het nie net verskeie beserings opgedoen nie, maar ook sy regteroog verloor.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ‘n Man wat na bewering meer as een keer met ‘n gebalde vuis in die gesig en teen die kant van sy kop geslaan is, en wie se kop en gesig herhaaldelik teen ‘n kroegtoonbank gestamp is, eis meer as N$3,3 miljoen van sy beweerde aanvaller.

Mnr. Sascha Bergmann, ‘n dieselwerktuigkundige, het ná die aanval sy regteroog verloor.

Bergmann is volgens hofstukke op 12 Augustus 2017 in die Buffalo-ontspanningklub in Gobabis deur mnr. Kenny Rautenbach van Grootfontein aangeval. Bergmann sê in sy verklaring hy het die dag van die voorval met ‘n sak biltong vir die gereelde besoekers en vir ‘n bier by die kroeg opgedaag. Teen 20:30 het hy Rautenbach tussen ander mense opgemerk wat ook by die kroegtoonbank gesit het. Van daar af kan hy egter niks van die aand onthou nie omdat hy aan “traumatiese geheueverlies” ly.

“Ek verstaan dat ek ernstig deur Kenny aangerand is, maar persoonlik onthou ek niks hiervan nie,” lui sy verklaring. Bergmann ontken ook dat Rautenbach enige rede of motivering vir die wrede aanranding gehad het.

In sy verklaring as ooggetuie van die voorval sê die kroegbestuurder, mnr. Nico Kotze, Bergmann het reg voor hom gesit, met nog mense aan sy linker- en regterkant. Volgens Kotze het hy gesien hoe Rautenbach na die kroegtoonbank toe stap en met Bergmann praat. Hy het egter nie aandag gegee aan waaroor die gesprek gegaan het nie. Kotze sê in sy verklaring hy het sy rug vir ‘n oomblik op hulle gedraai om iemand te groet. Toe hy terugdraai, het hy gesien hoe Rautenbach Bergmann se kop “plat” teen die kroegtoonbank met een arm druk, en hom met die regtervuis verskeie kere teen die kant van sy kop en regteroog slaan. Rautenbach het agteruit beweeg en Bergmann het inmekaar gesak en op die vloer neergesak.

Volgens Kotze glo hy nie Bergmann het enige dreigement teenoor Rautenbach gemaak of hom bedreig nie.

“Ek glo nie Kenny het enige rede gehad om Sascha so aan te rand soos hy het nie,” lui die verklaring.

Volgens Bergmann onthou hy dat hy in ernstige pyn sy bewussyn in die kliniek op Gobabis herwin het. Hier het hy weer sy bewussyn verloor en dit eers weer in sy dokter se praktyk op die dorp herwin.

Bergmann is gevolglik na die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebring. Volgens hofstukke sluit die beserings wat Bergmann in die aanval opgedoen het frakture en skade aan sy gesig, ‘n breinbesering, kneusing en die verlies van sy regteroog in. Sommige dele van sy gesig het ook geen gevoel nie. Bergmann was tydens die aanval werksaam as ‘n plaasbestuurder en kon as gevolg van sy beserings vanaf Augustus 2017 tot Januarie 2018 nie werk nie. Weens sy verswakte visie kan hy nie meer doeltreffend deelneem aan jag, sport en enige ander aktiwiteite wat normale visie vereis nie. Die toetsbestuur van vragmotors waaraan hy as dieselwerktuigkundige werk, vereis volgens Bergmann normale visie en werkgewers is huiwerig om hom nou in diens te neem.

“Ek is konstant bewus van my gestremdheid en sukkel om in sosiale omstandighede te funksioneer sonder om selfbewus te voel. Ek is dikwels depressief en hartseer. Ek voel seergemaak en platgeslaan,” lui Bergmann se verklaring.

Hy eis ‘n miljoen dollar vir pyn, lyding en ongemak; N$180 000 vir hospitaal-, mediese en chirurgiese uitgawes wat hy reeds moes ondergaan; N$36 392 vir reiskoste na die hospitaal en mediese behandeling; N$90 000 vir die verlies aan inkomste vir die tydperk 12 Augustus 2017 tot 12 Februarie 2018; N$1,8 miljoen vir toekomstige verlies aan inkomste tot die ouderdom van 65 jaar; sowel as N$206 000 vir toekomstige hospitaal-, mediese en verwante behandeling.

Die saak is in die Windhoekse hoërhof tot 16 April vir voorverhoorverrigtinge uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067