Miljoene vir vigsdienste
Gesondheidswerkers en klinieke se werkslading sal verlig word deurdat minder pasiënte by hulle om antiretrovirale behandeling (ARV’s) sal aanklop.
Die Amerikaanse ambassade het ’n verklaring uitgereik waarin hulle bekend maak die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid) het ’n vyf jaar lange vennootskap van N$32 miljoen met die TONATA PLHIV-netwerk (mense wat met MIV/vigs leef) aangegaan.
Die geld sal gebruik word om MIV-behandeling toeganklik te maak vir die TONATA PLHIV-netwerk se meer as 600 gemeenskapsgroepe wat sowat 17 300 Namibiërs met MIV/vigs ondersteun.
Die vennootskap, wat finansiering van die Amerikaanse president se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar) ontvang, sal die gemeenskapsgebaseerde ARV-aanvulgroepe in die sentrale Noorde ondersteun.
Dit sal gesondheidswerkers en klinieke se werkslading verlig deurdat minder pasiënte by hulle om antiretrovirale behandeling (ARV’s) sal aanklop.
In plaas daarvan dat pasiënte klinieke afsonderlik besoek om hul medikasie te gaan haal, sal die gemeenskapsgebaseerde ARV-aanvulgroepe een verteenwoordiger stuur om die medisyne namens pasiënte by die naaste kliniek af te haal.
Dit spaar nie net tyd nie, maar ook vervoerkoste en voorkom ander logistieke uitdagings - veral wat minderjariges en bejaardes betref.
Dit sal ook voorkom dat ARV’s nie gereeld geneem word nie. Die daaglikse inname van ARV’s is noodsaaklik om die virus te onderdruk.
TONATA (“maak jou oë oop” in Oshiwambo) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, met die ondersteuning van die Amerikaanse regering, is besig om saam met die gemeenskapsondersteuningsgroepe in agt distrikte verskillende modelle van versorging op te stel.
Dié distrikte sluit in Andara, Engela, Grootfontein, Nyangana, Onandjokwe, Omuthiya, Oshikulu en Tsumeb.
“Omdat TONATA ervaring van samewerking met plaaslike gemeenskappe het, bring hul vennootskap met Usaid hulle nader aan mense - selfs dié in die mees afgeleë gebiede. Dit help ook in die stryd teen stigma," het me. Edith Humphreys, Usaid-verteenwoordiger, gesê.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het betekenisvolle vordering met die desentralisering van MIV-dienste oraloor die land gemaak, terwyl TONATA gemeenskappe al meer betrek.
Usaid werk sedert 2009 nou saam met TONATA.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie