Miljoene vloei vanjaar vir droogtehulp
Tydens een van die droogste jare in menseheugenis het Namibiërs met hul beursies meelewing met boere getoon.
Ronelle Rademeyer - Danksy twee private veldtogte vir droogtehulp, het meelewende Namibiërs en sakeondernemings in die land vanjaar die hand diep in die sak gesteek en N$13,5 miljoen vir veevoer geskenk.
Altesaam 210 607 sakke voer kon daarmee aan boere voorsien word, en 31 503 bale lusern en hawer is na plattelandse gemeenskappe aangery.
Hierdie syfers blyk uit die statistiek wat deur Namibië Droogtehulp en die Dare to Care-noodfonds bekend gemaak is.
Eersgenoemde is die droogtehulp-inisiatief van die Facebook-blad, Namibië Boere, met Henriëtte le Grange aan die stuur. Die Dare to Care-noodfonds is deur die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) geaktiveer is om boere se veevoeraankope te help subsidieer.
Dié twee landbou-unies het in Maart aangekondig hul mikpunt is om N$10 miljoen in te samel waarmee hulle veevoer met N$50 per sak kon subsidieer.
In ’n verklaring wat einde November uitgereik is, sê die NLU die mikpunt is oorskry en N$10 046 765 is ingesamel. Daarmee is tot die koste van 200 000 sakke veevoer bygedra.
Le Grange, wat soms nagte deur gewerk het om die logistieke reëlings te tref vir die bestelling en aflewering van voer aan die land se geknelde boere, sê N$3,5 miljoen is ingesamel.
Daarmee kon Namibië Droogtehulp 10 607 sakke voer en 31 503 bale lusern en hawer aankoop.
Soos die jaar aangestap het, is nóg projekte deur Le Grange bygevoeg. Die Boks vir ’n Boervrou-projek en Koskas-projek is begin om boervroue wat saam met hul mans swaarkry, met ’n bok vol noodsaaklikhede te bederf, asook om 17 gesinne op plase wat baie swaarky, se koskaste te vul.
Sy sê Suid-Afrikaners het 906 bokse vir boervroue in Namibië gepak en plaaslik is 910 bokse ingesamel. Dit is deur middel van koerierdienste na plattelandse dorpe versprei, waar dit aan boervroue uitgedeel is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie