Miller eindig sterk, wen titaniese stryd
Die tydtoetsreeks het soos verwag op ’n hoogtepunt affgesluit.
Tielman van Lill - Alex Miller was in ’n onkeerbare bui toe hy Woensdagnamiddag laat by Döbra die vierde, finale, beslissende Food Lovers Market individuele tydtoetsbyeenkoms gewen het.
Die 19-jarige, wat laas Sondag sy Namibiese elite bergfietstitel behou het, het Drikus Coetzee met 14 sekondes oor 19.6 kilometer geklop om in 24 minute 24 sekondes klaar te maak.
Coetzee (tweede) was in 24:39 met 2:36 vinniger as Kai Pritzen (27:15) in die derde posisie, terwyl Konrad Marais vierde in 27:17 eindig.
Miller eindig as die 2020 FLM-reekskampioen met 1 050 punte, Coetzee tweede (1 010) en Pritzen derde (930).
Dit is die eerste keer in vier jaar dat Coetzee geklop word, maar die gesoute jaer is vol lof vir Miller se vermoëns.
Coetzee sê: “Ek moes ongelukkig die knie teen Alex buig, wat tans bitter goed op dreef is. Ek het my bes gegee, maar dit was nie genoeg nie. Alex verdien sy sege en dit is lekker om hom so sterk te sien jaag. Hy is jonk en ’n goeie, talentvolle ambassadeur vir Namibiese fietsry.”
Die beskeie Miller sê hy moes alles in sy vermoë doen om die oorwinning te behaal.
“Dit was wonderlik om teen Drikus in die reeks te veg en ek het dit vreeslik geniet. Hy is ’n monster in die individuele tydtoets en ek moes fisiek oorlog teen myself maak om hom te klop. Dit was ’n harde dag op die fiets met winderige toestande wat sake bemoeilik het.
“Ek moes letterlik elke druppel energie in my gebruik om hom te klop en is ingenome met sy aansporing en teenstand wat die beste uit my getap het. Ek is dankbaar vir die nuwe titel en uiters ingenome dat ek die uitdaging kon voltooi. Mannies Bike Mecca het ’n fantastiese fiets aan my geleen om aan die reeks deel te neem en ek bedank Mannie Heymans daarvoor,” het Miller aan die koerant vertel.
In die elite vroue-afdeling het Michelle Vorster nie Woensdag nodig gehad om te gaan jaag het nie, maar met die FLM-reeks reeds in die sak het sy Woensdag haar eerste reekssege met vier uit vier (1 050 punte) beklink.
Michelle Döman en Melissa Hinz eindig beide op 950. Döman eindig egter tweede in die reeks op gronsd van die onderskeiding dat haar beste tye op die Matchless- en Dobra-roete 15 ssekondes vinniger was.
Die belangrikste uitslae van Woensdag:
MANS
Elite: 1 Alex Miller, 2 Drikus Coetzee, 3 Kai Pritzen.
Juniors: 1 Bergran Jensen (26:43), 2 Hugo Hahn (26:52), 3 Jurgen van Wyk (33:59).
Subveterane: 1 Ingram Cuff (26:19), 2 Horst Neumann (27:11), 3 Christiaan Bean (29:11).
Veterane: 1 Hans du Toit (27:56), 2 Allan Vivier (30:10), 3 Stefanus Feris (30:52).
Meesters: 1 Louis Peens (29:11), 2 Tiaan Nel (30:26), 3 Andy Chase (30:52).
Grootmeesters: 1 Jean Marais (31:11), 2 Johan Penderis (39:19), 3 Justin Ellis (42:14).
Seuns o.16: 1 Daniel Hahn (29:10), 2 Kevin Lowe (30:18), 3 Adrian Key (32:08).
Seuns o.14: 1 Roger Suren (14:46), Oskar Rhoeber (37:23), 3 Kian Brinkman (15:17).
Seuns o.12: 1 Nathan Chase (14:46), 2 Sean Lowe (15:17), 3 Marco Thiel (15:20).
Seuns o.10: 1 Micah Chase (17:45), 2 Luke Coomer (18:15), 3 Daniël Hennes (19:22).
VROUE
Elite: 1 Michelle Vorster (29:24), Melissa Hinz (29:58), 3 Silke Bean (31:47).
Juniors: Corrilly Yates (35:08).
Subveterane: 1 Benita Kasch (32:22), 2 Lelani Swart (32:42), 3 Nicola Fester (34:06).
Veterane: 1 Anneke Steenkamp (31:51), 2 Sandra Lippert (31:54), 3 Adelé de La Ray (32:24).
Meesters: 1 Mandy Huysamen (37:55), 2 Karin Brockmann (40:27), 3 Janda Nel (43:01).
Meisies o.16: 1 Fiona Vorster (35:24), 2 Ada Kahl (36:37), 3 Danika Wiese (37:09).
Meisies o.14: 1 Laura Engling (15:53), 2 Delsia Janse van Vuuren (15:56), 3 Kylie Dickerson (16:58).
Meisies o.12: 1 Marinelle Lambert (19:15), 2 Rosemarie Thiel (19:20).
Meisies o.10: 1 Anne Cramer (18:16), 2 Nicole Suren (23:29).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie