Miller en De Lange vaar uitstekend in die Karoo
Die Namibiese kombinasie se derde eindposisie teen wêreldklas opposisie is 'n goeie teken.
Tielman van Lill - Die Namibiërs Alex Miller en Tristan de Lange het gister daarin geslaag om die algehele derde posisie in die elite-afdeling by die Momentum Health Tankwa Trek-bergfietstoer oor 285 kilometer in die Wes-Kaap in te palm.
Dié vierdaagse toer met erkenning van die Union Cycliste Internationale (UCI) het Donderdag naby Prins Alfred Hamlet in die Tankwa-Karoo weggespring, van waar die roetes deur die skilderagtige Koue Bokkeveld gekronkel het.
Op die eerste dag moes die deelnemers 'n korterige roete met 'n totale klim van 400 meter oor 24.45 kilometer tem. Die Namibiese span (Danste Racing-Megatech) eindig 27 sekondes stadiger as die voorlopers in 55 minute 16 sekondes in die tweede plek.
Op dag twee het die poppe behoorlik begin dans. 'n Totale klim van 1 900 meter oor 83.5 km het op die ryers gewag. Die Namibiese duo eindig derde in 3:20:25, maar dit is net 70 sekondes ná die gedugte Team Bulls Heroes, Urs Huber van Switserland en Simon Stiebjhan van Duitsland, (3:19:23) wat die eerste plek inneem.
Met die derde dag se roete oor 89 km en 2 200 m se klimme, asook die vierde dag (88 km, 1 250 m klim) kon Miller en De Lange nie die voorlopers vang nie. Hulle eindig ná dag drie nie onder die eerste drie plekke nie, maar slaag daarin om die vierde dag vir die finale 88 km in die derde algehele posisie weg te spring.
Met die laaste skof gister was Miller en De Lange algeheel derde, met vier en twee minute wat hulle onderskeidelik van die eerste en tweede plekke geskei het. Die twee jongmanne kon egter geensins gerus gewees het nie, want twee sterk Suid-Afrikaners, Matthys Beukes en Philip Buys, was net agter hulle in die vierde posisie.
Miller en De Lange is waarskynlik in 'n wedloop gewikkel om die enkele posisie te beklink wat later vanjaar vir Namibië by die Olimpiese Spele se bergfietsresies in Japan beskikbaar is. Die naweek se uitslag is steeds 'n bemoedigende teken vir Namibiese bergfietsry, teen 'n veld van gedugte internasionale ryers.
Algehele klassifikasie ná dag drie
1 Urs Huber/Simon Stiebjahn (8:00:34),
2 Sebastian Fini/David Nordemann (8:02:36),
3 Alex Miler and Tristan de Lange (8:04:32),
4 Matthys Beukes/Philip Buys (8:08:09),
5 Martin Frey/Simon Schneller (8:11:34).
Resultate vir dag 1, 2, 3 en 4
Dag 1 (proloog van 24.45 km, 400 m klim)
1 Sebastian Fini/David Nordemann (CST Sandd Bafang) 54:49,
2 Alex Miller/Tristan de Lange (Danste Racing-Megatech) 55:16,
3 Grant Ferguson/Maxime Marotte (Cannondale Factory Racing Two) 55:16.
Dag 2 (83.5 km, 1 900 meter klim)
1 Urs Huber/Simon Stiebjhan (Team Bulls Heroes) 3 ure 19 minute 23 sekondes,
2 Sebastian Fini/David Nordemann (3:20:25),
3 Alex Miller/Tristan de Lange (3:20:33).
Dag 3 (89.5 km, 2 200 m klim)
1 Henrique Avancini/Manuel Fumic (Cannondale Factory One) 3:42:28,
2 Urs Huber/Simon Stiebjahn (3:45:56),
3 Sebastian Fini/David Nordemann (3:47:57).
Dag 4 (88 km, 1 250 m klim)
1 Henrique Avancini/Manuel Fumic (3:00:26),
2 Simon Schneller/Martin Frey (Team Bulls Youngsters) 3:02:38,
3 Urs Huber/Simon Stiebjahn (3:02:39).
Algeheel elite mans
1 Urs Huber/Simon Stiebjahn (11:03:13),
2 Sebastian Fini/David Nordemann (11:06:45),
3 Alex Miller/Tristan de Lange (11:08:39).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie