Miller klop De Lange in opwindende resies
Die twee Olimpiese hoopvolles kon Saterdag eindelik hul mededinging hervat.
Andrew Poolman – In 'n topklas resies aan die voorpunt het Alex Miller Saterdag oor die laaste paar meter voor die eindstreep verseker dat hy sy wiel voor dié van Tristan de Lange hou om die elite mansresies by die Farm Windhoek-baan te wen.
Die aanskoulike jaagtog tussen Namibië se twee topjaers wat beide die afgelope jare reeds Afrika-titels verower het, was die hoogtepunt van byeenkoms nommer 1 in die Nedbank Rock & Rut veldreeks wat ná die nasionale verbod op sportbyeenkomste hervat het.
Miller en De Lange is die twee kandidate wat in die komende maande sake uitspook om Namibië se verwagte enkele posisie in die bergfietsry vir mans by die 2020 Oliompiese Spele volgende jaar in Tokio op te eis.
Saterdag het hulle mekaar vir sewe baanrondtes (altesame 35 kilometer) goed opgekeil en beurte geneem om die voortou te neem. Geeneen kon die ander afgeskud kry nie, totdat Miller kort voor die laaste draai voor die pylvak sy neus voor gekry en dit enduit behou het.
Miller het agterna gesê: “Ek het dit geniet om vir die eerste keer in 'n redelike tyd weer sulke taai, positiewe mededinging met Tristan te hê. Ek is bly dat ek die eerste posisie kon behaal.
“Sulke goeie kompetisie maak die resies net harder en vinniger, so ek glo net positiewe dinge vir Namibië sal hieruit voortkom. Daar was 'n paar lekker klimdele op die roete en die baan is in 'n baie goeie toestand onderhou.”
Miller se aanvanklike planne om in Juliemaand by die UCI-wêreldsentrum in Switserland te gaan oefen, is gekelder deur die Covid-19-pandemie en die feit dat dié land steeds geen visums toestaan nie.
Miller sê hy is in sy noppies dat die oorwinning gewys het hy is goed op dreef vir die volgende twee kompetisies wat as kriteriabyeenkomste vir die Olimpiese keuring te dien. Die twee geleenthede is Nedbank en Rock & Rut se reeksbyeenkoms twee (4 Julie) en die nasionale kampioenskap op Sondag 12 Julie, wat beide ook op Farm Windhoek voorlê.
Op sy beurt het De Lange gesê hy het die afgelope maande se inperking en afwesigheid van kompetisie gebruik om aan enige swak punte in sy mondering aandag te gee.
“Die tyd wat ons tydens die inperking beskikbaar gehad het, was dus vir my 'n tree vorentoe. Met dit in ag geneem, was vandag se uitslag 'n bietjie teleurstellend. 'n Oorwinning was binne my bereik, maar op die ou end het dit nie gebeur nie en Alex verdien alle gelukwensing. Hy is 'n briljante fietsjaer en dit is altyd lekker om teen hom resies te jaag.
“Volgende keer sal ek reg wees om met my eindpoging vroeër te reageer om myself 'n beter kans te gee.
“Ek is steeds vol vertroue vir die Olimpiese keuringsresiese. Die resiese gaan baie opwindend wees en ek sien uit daarna.”
VORSTER OP KOERS
In die elite vroueresies het Michelle Vorster opnuut haar gesag afgedwing en met elke rondte haar voorsprong vergroot om te wys dat sy vasberade is om Tokio volgende jaar haar tweede Olimpiese deelname te maak.
Vorster het die vyf baanrondtes (25 km) in een uur 13 minute voltooi. Sy was uiteindelik met 'n gemaklike sewe minute voor die tweede geplaaste Michelle Döman, gevolg deur Irene Steyn (derde in 1:24:03) en Courtney liebenberg (1:25:20).
• Koelerige weer het ryers in die meeste klasse nie verhinder om in gesonde getalle in te skryf en op te daag nie. Veral in die jonger afdelings was die opgewondenheid te bespeur om ná die hoktyd weer aan kompetisie te mag deelneem.
Van die wenners in ander kategorieë:
Subveteraan mans: 1 Willie van Zyl, 2 Braam Vermeulen, 3 Ananias Ananias.
Veteraanmans: 1 Greg Chase, 2 Fanie Steenkamp, 3 Phillip Steyn.
Grootmeesters mans (60-plus): 1 Roland Graf, 2 Renier Taljaard, 3 Andreas Brückner.
Meestersmans: 1 Nick du Plessis, 2 Frank Snyman, 3 Andrew Chase.
Junior mans: 1 Hugo Hahn, 2 Bergran Jensen, 3 James du Preez.
Mans marathon: 1 Christopher du Plessis, 2 Wesley Pieters, 3 Hilko Marshall.
Seuns onder 16: 1 Daniel Hahn, 2 Kevin Lowe, 3 Adrian Key.
e-bike mans ope: 1 Ivan Heigan, 2 Billy Heigan, 3 Volker Engling.
Grootmeesters vroue: 1 Elke Jagau, 2 Berrit Graf.
Meesters vroue: 1 Antje Tietz, 2 Mandy Huysamen.
Junior vroue: 1 Monique du Plessis.
Veteraan vroue: 1 Marion Schonecke, 2 Elanor Grassow, 3 Sandra Lippert.
Subveteraan vroue: 1 Benita Kasch, 2 Nicola Fester, 3 Maike Bochert.
Meisies o.10: 1 Anne Cramer, 2 Nicole Suren, 3 Lillian Marshall.
Meisies o.12: 1 Rosemarie Thiel, 2 Xane Meyer, 3 Marinelle Lambert.
Seuns o.10: 1 Micah Chase, 2 Junius Braun, 3 York Ahrens.
Meisies o.14: 1 Delsia van Vuuren, 2 Laura Engling, 3 Kylie Dickerson.
Meisies o.16: 1 Ada Kahl, 2 Fiona Vorster, 3 Danika Wiese.
Seuns o.12: 1 Marco Thiel, 2 Sean Lowe, 3 Nathan Chase.
Seuns o.14: 1 Roger Suren, 2 Oskar Roeber, 3 Dieter Setzkorn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie