Min dae voor wu00eareldtoernooi
Min dae voor wu00eareldtoernooi

Min dae voor wêreldtoernooi

Andrew Poolman
’n Droom word eersdaags bewaarheid vir die Namibiese rolskaatshokkiespelers wat vir die eerste keer op internasionale vlak meeding, asook vir hul spanmaats wat terugkeer om opnuut hul vaardighede teen die bestes ter wêreld op die proef te stel.
Twee spanne van die NIIHA (Namibiese Yshokkie- en Rolskaatshokkievereniging) neem vanaf komende Sondag tot 25 Junie aan die FIRS wêreldkampioenskap deel.
Die toernooi word gesamentlik in twee aangrensende dorpies in die noorde van Italië, Asiago en Roana, aangebied.
Namibië stuur sy spanne in die junior mans- en senior vroue-afdelings en sal dus nie in die senior mans- of junior vrouekompetisies verteenwoordig word nie.
’n Rekordgetal van 17 nasionale spanne sal in die senior vrouekategorie meeding. Met die terugkeer van Frankryk en Kanada sal die vlak van kompetisie baie hoog wees.

Die groepering vir die senior vroue:
Groep A: Swede, Kanada, Switserland, Chinese Taipei, Tsjeggië.
Groep B: VSA, Frankryk, Nieu-Seeland, Australië.
Groep C: Namibië, Spanje, Indië, Brittanje.
Groep D: Italië, Finland, Iran, Letland.

Die junior mansafdeling bestaan uit 18 nasionale spanne, met ’n paar nuwe byvoegings wat by die gevestigde bulspanne aansluit.

Die junior mans se loting:
Groep A: Tsjeggië, Colombia, Kanada, Namibië, Slovenië.
Groep B: Frankryk, Mexiko, Chinese Taipei, Letland, Swede.
Groep C: Italië, Switserland, Duitsland, Korea.
Groep D: VSA, Spanje, Brittanje, Indië.
Die sportarenas in Asiago en Roana kan onderskeidelik sowat 2 200 en 1 300 toeskouers hanteer.
Regstreekse videostroom van die meeste wedstryde sal na verneem word op http://firs.rollersports.tv/live vertoon word.
Die Namibiërs se eerste wedstryde is komende Sondag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!