Min in die Kerskous
Min in die Kerskous

Min in die Kerskous

Dani Booysen
'n Mens wonder waar lede van die kabinet en ander senior besluitnemers in die regering vanjaar vir hul blaaskans gaan uitspan.

Sommige sal dalk op grond van die afgelope jaar se gebrek aan prestasie op sekere terreine reken van dié hoës verdien nie vakansie nie.

Beslis moet ons leiers nie op plekke gaan wegkruip waar tekortkominge en ellende veilig buite sig is nie.

Soos dit is, behoort die feespouse – wat in die staatsdiens berug lank duur – tot die minimum beperk te word. Alles kan nie maar eers teen die helfte of einde van Januarie weer op dreef kom nie.

Ná 'n uiters moeilike jaar vir die ekonomie bult die gemiddelde en behoeftige Namibiër se Kerskous allermins met geskenke.

Werknemers wat bonusse en/of verhogings op die maag moes skryf en met die hemp afvee, trek nie die swaarste nie. En om eers met Jan Tuisbly se tjorrietjie tevrede te wees, is nie die ergste nie.

Duisende burgers het vanjaar hul werk verloor en die meeste bedrywe verkeer steeds in 'n sukkelgang.

Baie van wat Namibiërs graag as deel van die Harambee-voorspoedplan in hul Kerskouse sou wou gehad het, het nog nie werklikheid geword nie. Jan en San Alleman se onafgelewerde smeeklysie sluit só baie in. Werk, huise, beter onderwys en opleiding, beter gesondheidsdienste, minder korrupsie, en, en, en. . .

Almal moet nou al saam sing aan “now hard work!”

Optimisme dat president Hage Geingob al die “dooie hout” uit die Kabinet gaan sny, is wensdenkery tot die teendeel bewys word.



So sê ander

5 Desember 2017



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Pres. Donald Trump is meer as 'n jaar gelede tot die Withuis verkies op sterkte van onder meer ekonomies-populistiese beloftes om aandag te gee aan diegene wat deur vorige regerings verwaarloos of selfs vergeet is.

As jy egter kyk na wat sy regering doen, lyk die prentjie ietwat anders.

Oor die naweek het hy sy eerste groot politieke sukses behaal deurdat die senaat sy belastingverlagingsvoorstelle naelskraap goedgekeur het. Ekonome is dit egter oorweldigend eens dat die vergetenes agteruit boer en dat dit juis die groot maatskappye en rykes is wat daaruit sal munt slaan.

Weliswaar het die markte gunstig gereageer, want maatskappywinste sal hierdeur behoorlik toeneem. En wie weet, moontlik is dit positief vir werksgeleenthede.

Of dit Trump en die Republikeine by die stembus gaan bevoordeel, moet nog gesien word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!