Min inligting nog bekend oor moord op Heinz Kossmann
Min inligting nog bekend oor moord op Heinz Kossmann

Min inligting nog bekend oor moord op Heinz Kossmann

Ronelle Rademeyer
Inligting is nog skraps oor wat gisteroggend op die plaas Aasvoëlkrans tussen Outjo en Korixas gebeur het waar mnr. Karl-Heinz Kossmann (71) na bewering deur 'n plaaswerker vermoor is.
'n Hartseer me. Gesa Kossmann het vanoggend (Dinsdag) aan Republikein gesê sy was nie gister op die plaas toe die voorval plaasgevind het nie. Sy was in daardie stadium met 'n toergroep by Sossusvlei Lodge.
Sy word tans deur vriende op die plaas bygestaan, maar is nog te oorweldig om meer inligting te verstryk.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die polisie in Windhoek, het gesê 'n 30-jarige plaaswerker is gister sowat 7 km buite Outjo in hegtenis geneem. Die vuurwapen en kontant wat in sy besit gevind is, is gekonfiskeer.
Hy staan tereg op klagte van moord, roof en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!