Min om in Pride-maand op trots te wees
Oraloor die aardbol wapper vlae met vrolike reënboogkleure tydens Junie. In sommige wêrelddele uiteraard meer diskreet as in ander.
Jaarliks word daar tydens dié maand hulde gebring aan een groepering van mense wat steeds onder geweldige (met die klem op geweld) druk gebuk gaan – lede van die LGBTI-gemeenskap.
Die veelbesproke, reeds holrug geryde afkorting staan vir lesbies, gay, biseksueel, trans en interseks.
Ek het gisteroggend 'n kort video'tjie op sosiale media gesien wat my bykans van my wind ontneem het.
Daarin voer 'n jong man meestal die woord. In breë trekke verloop die bondige toneel só: Hy en sy (manlike lewensmaat) is op die punt om vir mekaar tot siens te sê by 'n treinstasie.
Die titel van die video is: “Nie voor my kinders nie”.
Soos dié paartjie hande vashou en later te midde van allerlei glure van afkeur en walging hul hande laat los, moet hulle in 'n oogwink besluit hoe hul groet mag verloop. Mág.
Dis die jaar van ons heer 2018 en dié verhaal ontvou oënskynlik in 'n eerstewêreldstad, waar die veronderstelling geregverdig is dat verkramptheid minder aan die orde van die dag daar behoort te wees.
Die verbysterende werklikheid is dat dié twee mans steeds death stares verduur, omdat hulle hande vashou en op die punt is om 'n afskeidskus te deel.
Nes hulle uiteindelik, ná wat soos 'n ewigheid gevoel het, nader mik en vir die soen gaan, stormloop 'n vrou hulle en verklaar sy het niks teen gay mense nie, maar, om hemelsnaam, 'n gay paartjie mag nie voor haar kinders liefdevol teenoor mekaar wees nie.
Dit klink amper soos daai koortjie van closet rassiste wat uitbasuin dat hulle nie rassisties is nie. “Ons huishulp is vir my nes 'n ma en het my van kleins af grootgemaak . . . ”
Ja, het jy al daardie ma geluk gesoen op haar verjaardag en by haar in haar Havana-kaia gaan kuier? Wéét jy wanneer sy verjaar óf waar sy woon?
Nietemin, ek val myself in die rede . . .
Hier in ons land van die dapperes woon ons in 'n sekulêre staat soos ons Grondwet waarborg.
Daar is egter geen twyfel dat die Christendom steeds sy veroordelende septer hier ter plaatse swaai nie. Elke, (on)liewe Nasionale Vergadering-sitting word steeds deur die speaker met gebed afgeskop.
Ek het dit überhaupt nie teen geloof per se nie. Trouens, ek glo (!) mens moet gaan met dít wat vir jóú op jóú lewensreis gemoedsrus bring.
Waaraan ek wel 'n lieflingbroertjie dood het, is wanneer geloof ingespan word om pyn te veroorsaak deur wonde van diskriminasie, stereotipering, oordeel en haat toe te dien.
Dit ís so dat die Skrif, in sowat ses geïsoleerde tekste, oënskynlike teenkanting teen homoseksualiteit verkondig.
Wat egter ook die geval is, is dat daar in teologiese ruimtes aanvaar word dat verantwoordelike Skrifinterpretasie nie in elkeen van ons se onderklere sit nie. Daardie tekste moet binne 'n sekere konteks, spesifiek 'n tydgees, gelees word.
Boonop word daar dikwels gemaan dat dié tekste geen uitsprake lewer oor 'n opregte liefdesverhouding tussen twee mense van dieselfde geslag nie. Trouens, daar is uiteenlopende standpunte in die teologie oor die aard van Dawid en Jonatan se verhouding . . .
Nietemin, twee mense, nee, drié mense – Danny, Johann en hul minderjarige seuntjie – veg tans verbete in die hof dat die Namibiese regering hul reg om as gesin saam te woon erken.
Myns insiens is die Grondwet tans vol dubbelsinnigheid oor die tweelingregte van gelykheid en niediskriminasie, die reg om 'n gesin te hê, privaatheid en die ononderhandelbare reg op menswaardigheid om enkeles uit te sonder. In 2018 behoort daar geen ruimte vir die gemeenregtelike beginsel te wees wat seks met toestemming tussen twee volwassenes strafregtelik vervolgbaar maak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie