Minder as ’n sekonde skei wenners ná 122 km

Uithouritte
Andrew Poolman
Leandrea Louw en Otis Finck

Nagenoeg 144 ruiters van Botswana, Suid-Afrika en Namibië het meegeding in die CEI Afrika tweester- en eenster uithouritkampioenskap wat die afgelope week met die Walvisbaai perdrysentrum as middelpunt gehou is.
Hiervan het 100 ruiters hul afstande van tot so ver as 122 kilometer deur die Namibwoestyn se eindelose duine voltooi.
Die ander afstande vir die dag was 106 km, 90 km, 60 km, 44 km en 28 km.
Erge hitte en stofstorms was aan die orde van die dag en ruiters het sake gewis nie maklik gehad nie. ’n Man soos Namibië se liggewig Gabriel Tjinakua het byvoorbeeld geval en sy linkerarm gebreek, terwyl ander ruiters se perde hulle agtergelaat het.
Die Suid-Afrikaanse ryer Lanel Niewenhuizen, op Jozami Zanika, was die algehele wenner van die 122 km rit, minder as ’n sekonde voor Jan Meeser van Namibië. Dié twee was enduit in ’n resies eindstreep toe.
Die wentyd vir die resies was 6 ure 34 minute, wat ’n gemiddelde spoed van 18.55 km/h beteken.

RUITERS MET DIE VINNIGSTE TYE (122 km)
Kinderruiter: Timothy Liebenberg (NAM) on Zabubega, 6:46:41. Hy was algeheel sesde.
Jong ruiter: Engela Louwrens (NAM) on Kalharabi Shalan, 07:03:47.
Geengewig ruiter: Anke Gordon (RSA), on Hurst Sahib 6:39:46.
Senior standaardgewig ruiter: Lanel Nieuwenhuizen (RSA), 6:34:34.
Swaargewig ruiter: Pierre de Witt (NAM) op Arcos Kaluha, 7:20:49.
Ruiter met algehele vinnigste tyd: Lanel Niewenhuizen (RSA), op Jozami Zanika.

RUITERSKAP TOEKENNINGS VIR PERD EN RUITER MET DIE BESTE STYL EN VOORKOMS
Kinderruiter: Timothy Liebenberg (NAM) en sy perd Zabubega Shaker.
Jong ruiter: Ralien de Beer (RSA).
Geengewig ruiter: Chané Viljoen (NAM).
Standaardgewig ruiter: Carel Bosch (NAM)
Swaargewig ruiter: Reinolt Schurz (NAM).
‘SPIRIT OF ENDURANCE’ TOEKENNINGS
Persoon wat die beste verpersoonlik waaroor die sport gaan: Raymond Schierschmidt (NAM).
Jongste ruiter: Arlie Bosch (RSA).
Oudste ruiter: Christoph Schork (VSA, 63 jaar).
Oudste perd: Chané Viljoen se perd, Zabubega Manna.
Perd met die meeste kilometers in kompetisie: Minette Botha Nortman (RSA) se perd, JNM Temptation.
‘Skilpad’-trofee vir die stadigste voltooier: Susie van Deventer (RSA), 11:21:58

ARABIERPERD ­TELERSVERENIGING ­TOEKENNINGS (net vir ­geregistreerde ­Arabierperde)
Vinnigste tyd deur kinerruiter: Timothy Liebenberg op sy perd Zabubega Shaker.
Vinnigste tyd deur jong ruiter: Suné Wessels (NAM) op Kalharabi Jadri.
Vinnigste tyd deur geengewig ruiter: Chané Viljoen (NAM) op Zabubega Manna.
Vinnigste tyd deur standaardgewig ruiter: Marna Steyl (NAM) op Kalharabi Daman.
Vinnigste tyd deur swaargewig ruiter: Ruben van der Walt (NAM) op Kalharabi Nikita.
Vinnigste tyd algeheel: Timothy Liebenberg (NAM) op Zubabega Shaker.

NERA-toekennings
Kinderruiter van die jaar: Timothy Liebenberg (NAM)
Jong ruiter van die jaar: Maya Janbey (NAM).
Geengewig ruiter van die jaar: Elsabe van Staden (NAM)
Standaardgewig ruiter van die jaar: Zoë Rutters en Ignasius Gogagoseb (NAM).
Swaargewig ruiter van die jaar: Charl Smith en Raymond Schierschmidt (NAM).

SPANTOEKENNINGS
Jong ruiterspan met die vinnigste tyd: Namibië.
Geengewig span met die vinnigste tyd: Suid-Afrika.
Standaardgewig span met die vinnigste tyd: Suid-Afrika.
Swaargewig span met die vinnigste tyd: Namibië.
Nasionale Ope Klas: Namibië.

BES GEKONDISIONEERDE PERDE
Kinderruiters: Alri Bosch (RSA) op Ratswolf Yadka.
Jong ruiters: Maya Janbey (NAM) op Atashi Sky.
Geengewig ruiters: Stephanie Barnard (RSA) op Jacques Arck.
Senior standaardgewig ruiters: Reni van der Merwe (NAM) op Gulilah Nahgaliet. Senior swaargewig ruiters: Pierre de Wit (NAM) op Aracos Kaluha. Beste van die beste: ruiter met algehele bes gekondisioneerde perd: Reni van der Merwe (NAM) op Aracos Kaluha.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!