Minder grond moet meer monde voed
Namate verbruikers meer word, moet boere ál meer produseer.
In 1994 het Suid-Afrika een boer gehad vir elke 708 verbruikers. In 2016 was dié verhouding 1 tot 1 736 en in 2030 sal daar na raming 2 700 verbruikers vir elke boer wees.
Só sê AgriSA in sy voorlegging wat moet besluit of die Grondwet gewysig moet word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.
Die landbougrond waarop kos verbou word, is besig om te krimp in verhouding tot Suid-Afrika se bevolking.

AgriSA maan die land se boere sal aansienlik meer voedsel moet produseer om by te bly by die groeiende bevolking. Die bevolking het in die afgelope dekade met sowat 15,5% toegeneem. As dié tendens voortduur, kan dit beteken dat die hoeveelheid verboubare grond per persoon teen 2030 met 12,5% sal krimp.
Dít, voer AgriSA aan, het ernstige implikasies vir voedselsekerheid.
AgriSA sê landbouers in Suid-Afrika kry baie minder ondersteuning van die regering as hul eweknieë in ander lande.
Diegene wat in dié sektor belê, gebruik grootliks die waarde van grond as sekuriteit vir hul beleggings.
As dié veiligheidsnet weggekalwe word, sal die bedryf beswaarlik kan bybly met kosproduksie vir die groeiende bevolking, waarsku AgriSA. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie