Minder kleinvee vanjaar ingeskryf

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Altesaam 1 111 stuks kleinvee van 45 telers sal vanjaar by die Windhoek Skou vertoon word, terwyl nasionale kampioenskappe vir boerbokke, kalahari reds asook damaraskape van Maandag 2 Oktober af aangebied word.

Dit is minder as verlede jaar, toe altesaam 54 kleinveetelers 1 440 stuks kleinvee uit 11 rasse ingeskryf het. Verlede jaar was dié getal ook effens swakker as in 2015.

Die 11 rasse wat vanjaar vertoon sal word, sluit verder in savanna- en inheemse bokke, persie-, dorper, witdorper-, Van Rooy-, veldmaster- en Gellaperskaap.

Mnr. Hennie Kruger, hoof van die vee-afdeling by Windhoek Skou, sê hy dink nie daar is noodwendig ’n sterk rede waarom minder inskrywings vanjaar onder die kleinvee ontvang is nie, hoewel hy meer inskrywings onder die grootvee toeskryf aan die beter reëns wat die afgelope seisoen ontvang is.

Hy sê voorheen is daar al tot 2 000 stuks kleinvee ingeskryf, maar die kleiner getal inskrywings onder die kleinveetelers word nie as ’n probleem beskou nie.

Die skou begin op Vrydag 29 September en duur tot Vrydag 6 Oktober.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!