Minder misdaad aan die kus hierdie vakansie
Leandrea Louw- Dit lyk of vakansiegangers en inwoners aan die kus hulle hierdie jaar beter gedra het.
Vir die tydperk tussen Desember 2016 en Januarie 2017 is 1 035 dagvaardings vir verkeersoortredings uitgereik wat in total ongeveer N$1,1 milljoen beloop.
Tydens verlede jaar se feesseisoen is 1 485 dagvaardings vir verkeersoortredings uitgereik.
Altesaam 49 motoriste is die afgelope vakansie vir dronkbestuur gearresteer. Dit is sewe motoriste meer as verlede jaar.
Tussen Desember 2014 en Januarie 2015 is 38 motoriste gearresteer.
Ook minder ongelukke is hierdie jaar aangemeld: 221 vir Desember tot Januarie 2016/17, 231 verlede jaar en 334 die jaar daarvoor.
Wat minder ernstige ongelukke betref, is 27 in die loop van vanjaar se feesseisoen aangemeld, teenoor die 16 beserings wat laas jaar aangemeld is.
Nege mense is ernstig gewond in padongelukke die afgelope vakansie, 11 tydens die 2015/16 feesseisoen en 20 die jaar daarvoor.
Vanjaar was daar drie sterftes, laas jaar agt en 15 die jaar daarvoor.
“Die ontplooiing van beamptes in die area en die bewusmaking van die publiek veroorsaak dat padgebruikers meer op hul hoede is,” het komm. Andreas Nelumbu, streeksbevelvoerder van die Namibiese polisie, gesê.
Daar was wel ’n geringe toename in aangemelde verkragtings hierdie jaar.
Nege gevalle is aangemeld teenoor sewe verlede jaar en vyf die jaar daarvoor.
Wat aanranding met die doel om ernstig te beseer betref, is 61 gevalle gerapporteer, met 49 verlede jaar en 57 die jaar daarvoor.
Sewentien arrestasies is gemaak in dwelmverwante sake, vergeleke met slegs vyf in 2015/16.
Twaalf gevalle van gewapende roof is aangemeld, teenoor 14 in die vorige feesseisoen.
Veertien gevalle van diefstal uit ’n motorvoertuig is aangemeld, wat vier minder is as in 2015/16.
Slegs een verdrinking is aangemeld, met naastenby 25 amper-verdrinkings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie