Minder nuwe MIV-gevalle
Minder nuwe MIV-gevalle

Minder nuwe MIV-gevalle

NAMPA
Die afgelope vyf jaar is die helfte minder gevalle van nuwe MIV-infekterings onder Namibiese volwassenes aangemeld.

Só sê me. Carey Spear, koördineerder van die Amerikaanse President se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar).

Hoewel die Namibiese Bevolkingsgebaseerde MIV-impakstudie (Namphia) toon Namibië lei die wêreld wat die einde van die MIV-pandemie betref, leef byna 13% van die land se volwassenes met die virus en sal sowat 4 000 vanjaar aan die siekte sterf.

Dié studie het volgens Spear ook getoon verlede jaar was 96% van mense tussen 15 tot 64 bewus van hul MIV-status.

Hiervan het 96% wat MIV-positief was, behandeling ontvang en die virus was onderdruk in 91% van mense wat daarvoor behandel is.

Volgens die studie se syfers vir vanjaar is 94% van volwassenes van hul MIV-status bewus, word 96% van dié volwassenes daarvoor behandel en is die virus in 95% van die behandeldes onderdruk.

“Dié uitslae is ‘n goeie voorbeeld van hoe hard Namibië daaraan gewerk het om die epidemie onder beheer te kry,” het Spear gesê, hoewel sy bygevopeg het meer moet gedoen word om die getal nuwe infekterings te verminder.

Sy het gesê servikale kanker is die grootste oorsaak van sterftes onder vroue met MIV.

Hoewel papsmere geredelik beskikbaar is, is vertragings in die uitslae daarvan dodelik vir vroue met MIV.

Die toets vir servikale kanker is deur Pepfar geïmplementeer om die epidemie te beheer en kan op dieselfde dag wat dit gedoen is, aantoon of kanker teenwoordig is.

Behandeling kan ook op dieselfde dag reeds gebied word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!