Minder plastiek in die duine
Minder plastiek in die duine

Minder plastiek in die duine

Tanja Bause
Tanja Bause – Die Otto Herrigel Envionmental Trust (Ohet) het Swakopmund se supermarkte in Desember verlede jaar versoek om ’n vrywillige tarief van N$1 op plastieksakke te hef.

Volgens me. Angela Burrell van die trust het die Spar-supermark hierdeur binne drie maande N$65 000 ingesamel, wat aan ouetehuise en die Namibië Boere se droogtehulpfonds geskenk is.

“Die ander supermarkte moet nog aandui hoeveel geld hulle ingesamel het en aan watter organisasies hulle dit gaan skenk,” het Burrell gesê.

Op Swakopmund is die Spar, Food Lover’s Market, Pick n Pay, Shoprite, Checkers en Woolworths deel van die projek.

“Van 1 Mei af sal verskeie supermarkte op Walvisbaai en Hentiesbaai ook N$1 per plastieksak begin vra. Die inkomste hieruit sal ook aan liefdadigheid geskenk word.

“Drie maande ná die implementering van die projek gebruik Swakopmund se supermarkte tot 80% minder plastieksakke. Die doel hiervan is om besoedeling in die see en op land te verminder.

“Ons moedig alle besighede aan die kus en in die hele land aan om die supermarkte op Swakopmund se voorbeeld te volg en nie te wag tot ’n wet geïmplementeer word nie. Elke besigheid het die reg om geld te vra vir ’n plastieksak en het geen toestemming van enige instansie nodig nie. Dit is elke besigheidseienaar of bestuurder se eie besluit.

“Dié besluit sal ’n groot verskil aan die toekoms van Namibië se omgewing maak,” lui ’n verklaring wat Ohet uitgereik het.

Ohet is ’n nieregeringsorganisasie vir omgewingsbewaring wat projekte en aktiwiteite in Namibië te ondersteun wat die bewaring van biodiversiteit, of die ekologies volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne in Namibië tot voordeel van Namibiese gemeenskappe bevorder.

Die trust wil bewustheid skep, opvoeding verskaf en die omgewing deur positiewe verandering verbeter.

Ohet werk nou met verskeie plaaslike gemeenskappe en belanghebbendes saam om natuurlike hulpbronne en biodiversiteit te bewaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!