Minder praat en meer doen
ERNST HASHAGEN SKRYF:
’n Mens raak diep bekommerd as ons die huidige ontwikkeling in ons land krities ontleed.
Ten spyte van die regrukoperasies van die minister van finansies is daar ander hooggeplaasdes wat ons haglike posisie ignoreer en maar net aangaan om geld te vermors op dinge wat onnodig is. Die ekonomiese verval wat ons nou beleef, is vir daardie persone van geen belang nie. Hulle gee nie om dat 60% van ons jeug werkloos is nie, gesondheidsversorging self in die "ICU" is, ons onderwys en opleiding oor die jare geen verbetering getoon het nie - en inteendeel, nou in ’n nog erger toestand as voorheen is. So kan ons aangaan en al die mensgemaakte tekortkominge opnoem – dit raak afgesaag, want die wat dit moet lees, gee in elk geval nie om nie.
Die sirkus wat nou aan die gang is om ’n president vir Swapo te kies, is onnodig en belaglik. Almal weet dat die huidige president ook in daardie belangrike pos verkies sal word. Die president hoef nie in die land rond te ry om stemme te werf vir sy presidentskap van Swapo nie. Hy sal baie meer stemme werf as hy die probleme aanspreek wat ons land bedreig.
Ons bly nie in Zuptanië nie.
Daar is ’n hele aantal van ons "leiers" wat nou hard probeer om die huidige president te ontsetel. Hulle was almal deel van die leierskorps. Nou kritiseer hulle die president, maar wat het hulle in die tyd gedoen toe hulle self deel van die parlement of kabinet was, en in gevalle nog steeds is?
Waarom word daar nie van raadgewers wat werklik die land se belange op die hart dra, gebruik gemaak nie? Die huidige raadgewers ("A Team") het nie tot ’n verbetering bygedra nie.
Daar is so baie mense wat deur hulle bydrae en prestasies soveel vir ons land gedoen het dat dit eintlik kortsigtig is om nie van hulle kennis en veral ervaring gebruik te maak nie. Ek noem net ’n paar: Frans Indongo, Dieter Voigts, (hulle mag wel oud wees, maar hulle ervaring, kennis en veral hulle liefde en lojaliteit teenoor ons land is onbetwisbaar), Samson Ndeikwila, Joseph Diescho, Henning Melber, Mannfred Goldbeck, Brian Black, adv. Bience Gawanas – ons kan die lys oneindig verleng.
Ons mag miskien nie altyd met mnr. Kazenambo Kazenambo saamstem nie, maar hy is reg in baie opsigte: Die parlement is hopeloos te groot. Wat het daardie vergroting vir die land beteken – net groter salarisuitgawes, maar geen sinvolle oplossings vir ons probleme nie. Dieselfde geld vir die reuse-apparaat van staatsamptenare – die diens versleg daagliks. Natuurlik is daar enkele uitsonderings.
Gondwana Collections is ’n voorbeeld van hoe tot die land se welvaart bygedra kan word. Daar is nog ander besighede wat die selfde beginsels volg. Hoekom kan nie alle besighede (ook die suksesvolle BEE-ondernemings) aan hulle werknemers hierdie voordele oordra nie?
Buitelanders (bv. Chinese en Russe) moet hulle Namibiese werknemers beloon. Hoe behandel hulle hulle Namibiese werkers? Hulle (die buitelanders) moet gedwing word om belasting te betaal – word hulle gekontroleer soos ons gewone belastingbetalers?
Wat het van die deursigtigheid wat aan ons belowe is, geword? Hoekom word ons nie eerlik ingelig nie – die Noord-Koreanse debakel is maar net een voorbeeld.
Die wonderlike woorde en beloftes wat ons feitlik elke dag lees en hoor, gaan nie die land se probleme oplos nie. Dit is hoog tyd dat minder gepraat en meer gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie