Minder sterf aan MIV-siektes
Meer vroue as mans word in Namibië met MIV gediagnoseer.
Henriette Lamprecht
MIV-verwante sterftes in Namibië het gedaal van 10 000 jaarliks tot minder as 4 000.
Verlede jaar was 12,6% van alle Namibiërs in die ouderdomsgroepe 15 tot 64 jaar MIV-positief, met meer vroue (15,7%) as mans (9,3%) wat met die siekte gediagnoseer word.
Dié jongste statistiek van die Namibiese Bevolkingsgebaseerde MIV-impakevaluering (Namphia) 2017 is Woensdag deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), mnr. Bernard Haufiku, bekend gemaak.
Die totale nasionale voorkoms van MIV in Namibië het verlede jaar op 12,6% gestaan, 'n afname van die 2013 Demografiese en Gesondheidsopname toe dit 14% vir die ouderdomme 15 tot 49 en op 16,4% vir die ouderdomme 50 tot 64 jaar gestaan het.
Die hoogste voorkoms van die siekte is in die Zambezistreek (22,3%), terwyl baie meer vroue (15,7%) as mans (9,3%) met die siekte gediagnoseer is.
Die hoogste voorkoms van MIV onder vroue (30%) is in die ouderdomsgroep 45 tot 49 jaar.
Volgens die opname word sowat 4 500 nuwe gevalle van MIV jaarliks in die ouderdomme 15 tot 49 jaar aangeteken.
In sowat 77% van MIV-positiewe pasiënte is die viruslading onderdruk.
Hier is dit vroue wat die botoon voer met 81,7% in vergelyking met die 69,6% van mans.
Die bestendige afname in MIV-positiewe Namibiërs wat langer leef, is volgens die Namphia-opname grootliks danksy suksesvolle behandeling wat virale ladings onderdruk.
Hoewel die voorkoms van MIV hoër onder vroue as mans in die land is, is dit egter vroue wat meer geneig is om hulself te laat toets, behandeling ontvang en wie se viruslading onderdruk is.
Namibië neem ook die voortou in suidelike Afrika met die aantal MIV-positiewe mense wie se viruslading onderdruk is, en het in dié verband ook reeds die internasionale doelwit bereik.
Dié jongste statistiek van Namphia was die eerste keer wat bevolkingsgebaseerde inligting op nasionale vlak ingesamel is.
Dit sal die regering en sy vennote help om vooruitgang te bespoedig sodat die siekte teen 2030 uitgewis kan wees.
Die opname is deur die gesondheidsministerie, in samewerking met die Namibië Statistiekagentskap (NSA) en die Namibiese Instituut van Patologie (NIP), en met die ondersteuning van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) en die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC), uitgevoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie