Minderjariges by die honderde swanger
Minderjariges by die honderde swanger

Minderjariges by die honderde swanger

Die direktoraat van onderwys ondersoek doeltreffende maniere van optrede om die verskynsel in die kiem te smoor.
Tanja Bause
Kenya Kambowe



'n Twaalfjarige meisie was een van die jongstes uit die 554 leerlinge wat gedurende verlede jaar in die Kavango-Wesstreek swanger geraak het.

Die streeksraad het armoede uitgewys as een faktor in die hoë aantal leerlinge wat swanger geraak het, omdat sommige meisies die maatskaplike toelaag as 'n uitweg sien.

Groepsdruk, sosio-ekonomiese druk, saamwoon, kulturele oortuigings, seks in ruil vir geld en negatiewe houdings teenoor die gebruik van kondome kan ook as faktore vir die hoë voorkoms van swanger leerlinge uitgewys word, volgens 'n verklaring deur die woordvoerder van die Kavango-Wes streekraad, mnr. Salomo Tenga.

“Die streekraad, via die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur (DEAC), is bekommerd oor die hoë getalle tienerswangerskappe, wat hul prestasie in skool belemmer.”

Volgens Tenga is ouer mans van die gemeenskap in die meeste gevalle die skuldiges wat die meisies uitbuit, asook skoolverlaters.

Hy sê hul ondersoek het onthul dat van die leerlinge swanger geword het deur seksuele misdrywe met ander jeugdiges jonger as 16. Min tot geen opvolgwerk word egter gedoen wat na die verantwoordelike pa's lei.



INGRYPINGS

Tenga sê dis noodsaaklik dat psigomaatskaplike ondersteuning en berading in skole versterk word. Hy versoek ook 'n behoorlike uitvoerbare leerling-swangerskapbestuursbeleid, wat tans in skole ontbreek.

“Die DEAC het voorgestel dat individuele skole hul aksieplan opstel om leerlingswangerskappe in hul skole te verminder.

“Daar is 'n behoefte aan gesamentlike poging van onderwysinspekteurs in hul onderskeie kringe met skoolhoofde en belanghebbendes om die saak te hanteer.

“Die streekskantoor sal opleiding en voorligting in die uitvoering van die beleid bied.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!