Mini-Wêreldbeker gretig afgewag
Hokkie
Andrew Poolman - Altesame 450 jong seuns en meisies sal betrokke wees in die Russell Bartlett Mini-Wêreldbekerhokkietoernooi wat die naweek by die Trustco Aloe astro-baan van Windhoek Gimnasium aangebied word.
“Die atmosfeer is altyd baie genotvol, om die jong span se vordering in hokkie te aanskou. Wat my altyd die meeste tref, is hoe kinders wat nie meer in hierdie ouderdomsklas is nie, in later jare terugkeer om skeidsregters of afrigters te wees of sommer net om die byeenkoms te ondersteun.
“Dit is opwindend om te beleef hoe die land se volgende geslag spelers saam ontwikkel,” sê Jerrica Cormack, huidige nasionale speler en lid van die K5-hokkiegroep wat die geleentheid die afgelope 18 jaar organiseer.
Standard Bank Namibië het gister sy toetrede as borg van die Mini-Wêreldbeker aangekondig. Die bank belê vanjaar N$100 000 in die geleentheid, volgende jaar N$120 000 en sal in 2021 ’n stewige N$140 000 instoot.
Shayne Cormack, hooforganiseerder, sê altesame vyf spanne van die Khomasstreek, drie van Erongo en een van die M&H Hokkie-akademie sal meeding in die ouderdomsgroepe onder 10, o.12 en o.14.
“Elke jaar kies ons nege lande vir wie die spanne dan by die Wêreldbeker verteenwoordig. Hierdie naweke is die kompeterende lande Duitsland, Egipte, Griekeland, Italië, Jamaika, Kanada, Nederland, Singapoer en Skotland.”
Die wedstrydprogram begin Vrydag om 13:00 en duur tot halftien die aand. Saterdag word met ’n paar amptelike formaliteite begin voordat die wedstrydaksie vanaf 08:00 tot en met die prysuitdeling om 20:00 strek. Die finale is vir 19:40 geskeduleer.
Shayne sê sy is meegevoer deur Standard Bank se gebaar om vir die volgende drie jaar toe te tree as hoofborg van die jarelange toernooi wat na haar oorlede pa Russell Bartlett vernoem is. Volgens haar word daadwerklik beplan om ook uit te brei na streke wat minder blootstelling aan hokkie het.
Mnr. Isack Hamata, Standard Bank se bestuurder van kommunikasie, het gister by die bekendstelling gesê die bank is ernstig om ’n betekenisvolle rol te speel in projekte soos dié wat bydra om Namibië vorentoe te neem en beter te maak.
“Ons besluit om in vennootskap met hierdie geleentheid te tree, is gegrond op ons vasberadenheid om geleenthede vir groei en ontwikkeling in die land te verskaf.
“Die voordele van jong mense se deelname aan sport is welbekend. As ’n gemeenskap moet ons ons kinders daaraan begin blootstel om hierdie voordele tot uiting te laat kom.”
“Sport bring mense vanoor die wêreld byeen, ongeag hul nasionaliteit, kultuur, godsdiens of velkleur. Kinders leer dat hulle deel van ’n span is en leer hoe om oorwinnings en nederlae te hanteer. Kompetisie op en van die veld bied ’n geleentheid om uit suksesse en mislukkings te leer.
“Vriendskappe word gebou wat andersins nie sou gevorm het nie. Die opbou van positiewe selfbeeld, respek vir reëls en gesag asook respek vir spanmaats en teenstanders is ook bekende voordele van deelname aan sport.
“Sportaktiwiteite dien ook om akademiese vordering en prestasie aan te help. Ewe belangrik is dat sport bydra om kinders weg van ernstige maatskaplike euwels soos drank- en dwelmmisbruik kan hou. In die proses word hulle verantwoordelike landsburgers.”
Hamata sê deur die borgskap belê Standard Bank in die welstand van die jeug van die land en bied hoop en ondersteuning vir ’n beter toekoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie