Miniskou vir Windhoek
Ronelle Rademeyer - Hoewel Windhoekers nie ’n jaarlikse nywerheids- en landbouskou vroeg in Oktober kon bywoon nie, kan inwoners uitsien na ’n twee dae lange miniskou op 30 en 31 Oktober.
Mnr. Harald Schmidt, visepresident en uitvoerende hoof van die Windhoek Skouvereniging, sê die beplande Windhoek Fair 2020 op dié twee dae sal as bemarkingsplatform dien vir plaaslike produsente en vervaardigers om produkte te verkoop, of hul dienste te adverteer.
Dit word in samewerking met die Windhoek Boeremark en SMEs Compete aangebied.
“Hierdie jaar sal in die geskiedenis opgeteken word as die mees uitdagende sedert die land drie dekades gelede onafhanklik geword het.
“Ons word gedwing om anders te dink oor ons daaglikse lewe en hoe ons sake bedryf, en dit is nie net weens die ekonomiese insinking nie,” sê Schmidt.
Hy sê die Windhoek Fair in samewerking met dié twee vennote gaan in die vervolg twee of drie keer per jaar aangebied word.
Volgens Schmidt sal dié miniskou by die skougronde die regering se strategie van “Growth At Home” en inisiatiewe soos “Source Local Buy Local” ondersteun.
Hy sê die uitleg van die stalletjies sal met inagneming van Covid-19-gesondheidsprotokol gedoen word. So ook die getal mense wat op ’n gegewe tyd toegelaat word om die stalletjies te besoek. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie