Minister gee Nida nuwe raad
Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig.
So sê die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya,
Dit is in stryd met ‘n opdrag van die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, dat raadsvergaderings tot vier keer per jaar beperk moet word.
“Moenie verwag om vier raadsvergaderings per jaar te hou nie. Nida moet nog sy struktuur opstel. Die Offshore Development Company (ODC) en die Nasionale Ontwikkelingskorporasie (NOC) is steeds daar. Die opstel van 'n nuwe struktuur gaan baie van julle tyd in beslag neem,” het Tweya gesê.
Hy het voorts die raad aangemoedig om nou saam te werk. “Julle sal jul volle samewerking moet gee.”
Twee nuwe NIDA-raadslede is aangewys: Die hoof van die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa), me. Erna Motinga, wat sal dien as visevoorsitter, en die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) se hoof, mnr. Koos van Staden.
Hulle sluit aan by die huidige raadslede mnr. Frans Kwala (voorsitter); die vakbondleier mnr. Job Muniaro; me. Anita /Naris, huidige Nida-hoof; en me. Diana van Schalkwyk.
Kuvare het vroeër aan Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesê ‘n organogram is nodig.
“Oudpersoneellede van die ODC en NDC is betrek, en een sal nou saamgestel word. Wat ons nou doen, is beheerstelsels skep voordat ons oordragte doen. Die stappe vir oordragte is duidelik in die Nida-wet vervat,” het Kuvare gesê.
“Ons benadering as die raad was om dit met toewyding en sensitiwiteit aan te pak, en aan te pas by wat die wet vereis.
“Die Nida-wet sê duidelik wat ons mag en nie mag doen nie, en ons moet daaraan gehoor gee.”
Volgens Kuvare is daar wel “interne kwessies” wat uitgesorteer moet word en “baie sensitief” is.
Die kabinet het in 2015 die vestiging van Nida goedgekeur.
Die agentskap sal namens die regering bedryfskapitaal genereer deur middel van projekbestuur en implementering, asook sake-infrastruktuur ontwikkel. Dit sal voorts verantwoordelik wees vir werksaamhede in landbouproduksie, die verkryging van finansiering vir lenings, asook belê in sleutelprojekte deur vennote in openbare of private sektore.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie