Minister gevra om Rehoboth te besoek
Minister gevra om Rehoboth te besoek

Minister gevra om Rehoboth te besoek

Krag afsny-dreigement 'om die dorp te forseer om by Selco aan te sluit'.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die United People's Movement (UPM) se nasionale voorsitter, mnr. Jan van Wyk, het op 2 Februarie 'n brief aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, gerig om haar te vra om Rehoboth te besoek.

Dit sodat sy 'n petisie van inwoners in ontvangs kan neem.

Volgens Van Wyk wil hulle onder meer die dorpsraad se minagting van inwoners se griewe onder Shaningwa se aandag bring.

Ook dat aanbevelings wat die minister laas jaar teenoor die raad gemaak het, nie toegepas is nie.

Die griewe is op 18 Januarie per brief aan die dorpsraad gerig, maar is nie tydens verlede week se eerste raadsvergadering vir 2017 voorgelê nie.

Volgens Van Wyk is dit net nóg 'n bewys dat Rehoboth-inwoners se versoeke op dowe ore val.

Hy sê vorige petisies wat deur die raad aan die minister gerig is, het nooit by haar uitgekom nie.

“Verder neem ons kennis dat NamPower die krag na verskillende suidedorpe gaan afsny,” het hy gesê.

NamPower het dié week laat weet hulle sal meer as 47 nedersettings se krag afsny as hul skuld nie betaal word nie.

“Dit is 'n historiese feit dat die Rehoboth-dorpsraad nie ernstig is oor inwoners se belange nie.

“Al het die raad die rekening nie betaal nie, word die dreigement gesien as 'n poging om plaaslike owerhede te forseer om by Selco aan te sluit.

“Die dorpsraad het op 1 Februarie besluit om by Selco aan te sluit - sonder om dit eers met belastingbetalers te bespreek,” sê Van Wyk.

Selco is die elektrisiteitverskaffer wat vir die Suide beplan is, maar nooit op die been gekom het nie.

Na NamPower se aankondiging het hul woordvoerder, me. Tangeni Kambangula, gesê die res van die land is nie geaffekteer nie, omdat hulle deur plaaslike elektrisiteitverskaffers (REDs) bedien word.

Volgens mnr. Mburumba Appolus, hoof uitvoerende beampte van Cenored, is geen dorp se krag die afgelope 12 jaar deur hulle afgesny nie.

Hy het gesê Cenored word nie deur dorpsrade betaal nie, maar direk deur huishoudings, individue en besighede wat hul kliënte is.

“Cenored koop krag van NamPower in grootmaat en verskaf dit aan 55 000 van ons kliënte. Ons betaal tantieme in die vorm van maandelikse bybetalings en jaarlikse dividende. Dit is 'n wen-wen situasie vir al die betrokke partye, insluitend die verbruiker,” sê Appolus.

Appolus sê Cenored ervaar wanbetaling slegs by regeringsinstansies.

“Dit is niks ernstig nie, omdat ons skuldbestuurspan sterk verhoudings met amptenare in ver­skeie ministeries en regeringsagentskappe het en betaling vroegtydig kan invorder.

“Inwoners van ons dorpe kan nie deur NamPower afgesny word nie omdat ons grootmaatrekening nie agterstallig is nie,” het hy gesê.

Nored en ErongoRED, die ander twee plaaslike elektrisiteitverskaffers, het teen druktyd nog nie op vrae gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!