Minister kan rehabilitasiesentrums vestig
Sentrums wat nie geregistreer is nie staar ’n boete van tot N$20 000 in die gesig.
Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste kan uit fondse wat deur die parlement vir dié doel uitgesonder is, ten minste een rehabilitasiesentrum in elk van die 14 streke van die land vestig vir die behandeling van middelemisbruik.
Dié aanbeveling vorm deel van die konsepwet vir die voorkoming en behandeling van die misbruik van skadelike middels. Die staatsentrums moet ook ingrypingsprogramme vir kinders aanbied wat verslaaf is.
’n Persoon, organisasie of vereniging mag nie ’n private behandelingsentrum op enige plek hê waar verblyf vir die behandeling en fisieke sorg verskaf word of waar persone wat van skadelike middels afhanklik is en hoofsaaklik fisieke of behandeling vir geestesgesondheid ontvang, as dit nie geregistreer is nie. Sou daar nie aan dié vereiste voldoen word nie, staar die persoon ’n boete van tot N$20 000 of tronkstraf van tot vier jaar in die gesig.
Die gesondheidsminister kan ook volgens die konsepwet ná konsultasie met streekrade en met geld toegeken deur die parlement ’n halfweghuis in meer as een streek vestig. Dié huis is geoormerk vir persone wat uit rehabilitasiesentrums ontslaan is.
Met verwysing na vrywilligers wat gerehabiliteerdes ondersteun bepaal die konsepwet dié persone moet onder meer ’n voorgeskrewe kwalifikasie hê en ’n diensooreenkoms met die minister onderteken het. Sou ’n persoon voorgee om ’n herstelvrywilliger te wees, kan die persoon met N$10 000 of tronkstraf van twee jaar beboet word.
Dié vrywilligers het ook voorgeskrewe toelaes wat hulle ontvang. Sou ’n vrywilliger ook te prooi val vir middelemisbruik, kan ’n rehabilitasiesentrum ontgiftingsdienste vir die persoon aanbied word. ’n Geswore verklaring deur ’n staatsaanklaer wat bevestig ’n persoon is ’n gevaar vir homself of ander en het geen ander voldoende eerlike manier om ’n inkomste te genereer nie, kan verplig word om by ’n rehabilitasiesentrum opgeneem te word. Dieselfde geld vir kinders wat aan middele verslaaf is wanneer die minister opdrag gee dat hy of sy in ’n sentrum opgeneem word en die nodige rehabilitasieprogramme moet volg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie