Minister kla oor swak implementering

‘n Gebrek aan koördinering tussen plaaslike leierskap en die sentrale regering striem ontwikkeling.
font face="Verdana" >

Die minister van ekonomiese beplanning en die direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, het sy kommer oor die trae implementering van kapitaalprojekte in die Omahekestreek uitgespreek.

Kandjoze is sedert Augustus verlede jaar op besoek aan alle landstreke om met streekleiers in gesprek te tree oor die stand van die ontwikkeling van die land en ook om homself te vergewis van struikelblokke in die implementering van kapitaalprojekte.

Sommige kapitaalprojekte het tydens die midtermynoorsig in Augustus verlede jaar ‘n implementeringskoers van net 30% gehad.

“Dit beteken projekte is nie vinnig genoeg geïmplementeer nie. Wat is die oorsaak hiervan?” het Kandjoze gevra.

Volgens hom identifiseer ministeries, kantore en agentskappe projekte, maar “verdwyn dit van die ontwikkelingsbegroting”.

Dít kan volgens Kandjoze weens ‘n gebrek aan kommunikasie wees. Nog ‘n bydraende faktor tot swak implementering kan die sentrale bestuur van sommige projekte wees. Hy het gesê die sentrale regering kan ook sonder streekrade of –kantore se betrokkenheid op ‘n projek besluit.

Laasgenoemde word deur ‘n gebrek aan koördinering tussen die plaaslike leierskap en sentrale regering in die implementering van projekte aangevuur.

Ook kontrakteurs van kapitaalprojekte is vir swak implementering verantwoordelik, het die minister gesê.

Twee kontrakteurs word gebruik om dieselfde struktuur te bou, maar een van die strukture is weens die betrokke kontrakteur se swak standaarde nie volhoubaar nie.

Volgens Kandjoze kom dit op diefstal en bedrog neer.

Hy het die blaam voor die deur van streekkantore en –rade gelê, wat toelaat dat kontrakteurs werk van swak gehalte lewer.

Volgens hom kom dit op die wanbestuur van fondse neer.

“Groenskemas is veronderstel om voedsel vir plaaslike verbruik te lewer, maar die masjinerie en toerusting werk nie. Wat is die struikelblokke?”

Kandjoze het voorts gesê die oorplasing van fondse van die een projek na die ander moet gestaak word.

Hy het versoek dat die koördinering tussen streekrade en die sentrale regering verbeter.

Die goewerneur van die Omahekestreek, mnr. Festus Ueitele, het gesê die desentralisasieproses duur te lank.

Volgens hom sukkel die streek weens onvoldoende hulpbronne om infrastruktuur te bou. Tog word van die leierskap verwag om verantwoordelikheid vir die gebrek aan ontwikkeling te aanvaar.

“Ons wil dienste lewer, maar daar is te veel burokrasie,” het hy gesê.

Hy het in dié verband na die gebrek aan massabehuising in die streek as voorbeeld verwys.

Volgens Ueitele het die streekleierskap in gesprek met die Gobabis-munisipaliteit getree om grond aan private ontwikkelaars te gee.

Dit is egter later stopgesit weens ‘n lening van die Chinese regering waaruit die munisipaliteit veronderstel was om voordeel te trek.

Dié lening sou gebruik word om huise op Gobabis te bou, maar die bou van die huise is gestaak tot weer oor die voorwaardes van die lening tussen die Namibiese en Chinese regerings onderhandel kon word.

“Hoe kan ons dan verantwoording van die munisipaliteit verwag?” het Ueitele gesê.

Kandjoze het tydens sy besoek aan die Omahekestreek ook die bouperseel van die regering se streekkantoor op Gobabis besoek, asook die rioolwerke by die Laerskool Goeiehoop op Epukiro, sowel as spoeltoilette wat onlangs in die Ongulumbashe- en Kanaan- informele nedersettings op die dorp opgerig is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!