Minister Mutorwa - Rooilyn oorspronklik polities gemotiveer
Estelle de Bruyn - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, sê die oorspronklike doel van die sogenaamde Rooilyn was polities van aard.
Mutorwa sê dié heining is deur die apartheidsbewind opgerig om mense te verhinder om in die polisiebeskermde gebied suid van die lyn te kom.
Indien hulle as kontrakwerkers suid wou beweeg, is hulle aan vernederende maatreëls blootgestel.
Hy sê tydens die eerste grondkonferensie in 1991 is omvattend oor die verwydering van die Rooilyn gedebatteer.
Daar is besluit om albei voorlopig te behou en seker te maak dat kommunale gebiede ontwikkel word, en om die Rooilyn vir veeartseny-redes te behou.
In 2015 is die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid genader om die gebied vry van bek- en klouseer te verklaar. Ongelukkig het bek- en klouseer in Mei 2015 in die gebied uitgebreek en dit het dié planne in die wiele gery.
Mutorwa het verlede week in die Nasionale Vergadering (NV) op mnr. Vipuakuje Muharukua, van die Popular Democratic Movement (PDM), se vrae gereageer.
Hy sê abattoirs en vleisverwerkingsaanlegte bestaan op Katima Mulilo en Oshakati. Die een op Outapi is voltooi, maar nog nie operasioneel nie. Ander word vir Eenhana, Opuwo en Rundu beplan.
Hy sê Meatco het vir finansiële redes besluit om hul werksaamhede in die Noorde af te skaal en nie kontrakte vir die Katima Mulilo- en Oshakati-slagpale te hernu nie.
Meatco het 'n mobiele slagpale aangeskaf wat as loodsprogram in die Kavangostreek ontplooi is.
Hy sê die mobiele abattoir funksioneer nog nie ten volle nie.
Nuwe kontrakte is ook met twee entiteite vir die bedryf van die abattoirs op Katima Mulilo en Oshakati gesluit. Inspeksies by hierdie abattoirs het aan die lig gebring dat opgraderingswerk nodig is.
Hiermee, sê Mutorwa, is egter voete gesleep, maar die werk sal eersdaags gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie