Minister vra verligting vir boere
Minister vra verligting vir boere

Minister vra verligting vir boere

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van 100% vir 2019-'20 toe te staan.

Die Covid-19-pandemie se impak op landbou is die rede vir die voorgestelde kwytskeld­ing.

Geen grondbelastingbetalings is die afgelope vyf jaar gemaak nie, wat beteken plaaseienaars word nou vir die boekjare vanaf 2016-'17 tot 2020-'21 aangeslaan.

Die hoërhof het in 2019 die mees onlangse waardasierol nietig verklaar en grondeienaars ná 'n twee jaar lange regstryd gelyk gegee waardes is nié wetenskaplik volgens die produksie-potensiaal van grond bereken nie.

Die grondbelastingkoers beloop tans 0,4% vir Namibiese plaas­eie­naars en 1,4% vir buitelanders. Belasting van 0,25% is betaalbaar vir elke bykomende plaas.

Schlettwein sê die ­ministerie beskou dit as ­noodsaaklike verligting aan boere wat nie hul lewende hawe en produkte tydens inperkings plaaslik kon bemark nie. Verder was grense gesluit, wat inkomste uit uitvoere ook onder druk geplaas het.

Hy sê hierdie verligting sal boere help om finansieel weer op die been te kom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!