Minister wei uit oor landbou se begroting
Die ministerie het sy teleurstelling uitgespreek dat minder geld uit die nasionale begroting vir “brood-en-botter-kwessies” toegestaan is.
Elvira Hattingh
Altesaam 25,3%, of N$494,8 miljoen, van die ministerie van landbou, water en bosbou se ontwikkelingsbegroting sal vir die ontwikkeling van die Namibiese watersektor ingespan word.
N$242 miljoen sal vir die konstruksie van waterverskaffingsinfrastruktuur gebruik word. Dit sluit in om 'n loodsaanleg vir die herwinning van rioolwater by Gammams in Windhoek deur die Windhoekse munisipaliteit te bou, asook NamWater se uitbreiding van die Oshakati- en Rundu-watersuiweringsaanlegte.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het Dinsdag die landboubegrotingspos aan die parlement voorgelê.
Ondanks die feit dat meer as N$1,9 miljard vir die 2019-'20-boekjaar aan die ministerie toegestaan is, het !Naruseb sy teleurstelling uitgespreek dat al hoe minder geld uit die begroting jaarliks aan dié sektor toegestaan word.
“Hierdie begroting gaan om die basiese behoeftes van mense, naamlik brood-en-botter-kwessies, kos en water, waarsonder die lewe tot 'n stilstand sal kom.
“Toewysings aan die noodsaaklike sektor van die ekonomie het gedaal van 'n gemiddeld van 4,6% oor die afgelope 11 jaar tot die huidge 2,9% van die nasionale begroting.
“Dit is in teenstelling met Namibië se verbintenis wat betref die raamwerk vir die Volhoubare Ontwikkeling- agenda 2030, asook die Omvattende Afrika-landbouontwikkelingsprogram (CAADP), soos uiteengesit in die Maputo- en Malabo-verklarings.
BEDRYFSKOSTE
“Hiermee het ons onsself daartoe verbind om nie minder as 10% van die nasionale begroting aan landbou toe te staan nie,” het hy gesê.
!Naruseb het gesê sowat N$948 miljoen, of 48%, van die totale begroting is vir bedryfskoste geoormerk, terwyl die res, 'n rapsie meer as N$1 miljard, oftewel 52%, van die begroting in die ontwikkelingsbegroting gebruik sal word.
!Naruseb het gesê net sowat 21,8% van die bedryfsbegroting, of N$427 miljoen, sal vir die ontwikkeling van die landbousektor ingespan word. N$98 miljoen moet vir die ministerie se landboumeganisasie- en saadverbeteringsprojek (Namsip) gaan, en N$293 miljoen vir onder meer Groenskema-projekte.
Dit sluit in die ontwikkeling van die Neckartaldam Fase 2 Besproeiingsprojek, die verwerking en bemarking van vars produkte, sowel as die toepassing van maatreëls om klimaatsverandering teen te werk.
!Naruseb het ook aangedui dat meer as N$35 miljoen toegestaan is vir die voltooiing van veeartsenyklinieke, asook akkommodasie vir amptenare landswyd.
“N$22 544 000, of 1,2%, is geoormerk vir die ontwikkeling van die bosbousektor, en N$66 082 000, of 3,4%, is vir toesighoudende en ondersteuningsdienste toegewys,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie