Ministerie bak (vis)kluitjies
Ministerie bak (vis)kluitjies

Ministerie bak (vis)kluitjies

Namibiese hengelaars was gou om te reageer op inligting wat die ministerie van visserye en mariene hulpbronne oor nuwe heffings verskaf het.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het probeer om Namibiërs 'n rat voor die oë te draai deur te beweer visvangtariewe in Suid-Afrika is aansienlik duurder as die N$1 500 per maand wat tans in Namibië betaalbaar is.

Gevra oor die impak van die nuwe tariewe op toerisme, het die ministerie se woordvoerder, mnr. De Wet Siluka, gesê dit is veel goedkoper om die lyne plaaslik nat te maak as in Suid-Afrika.

Republikein is deur verskeie lesers gekontak wat kapsie gemaak het teen die ministerie se verontskuldiging en wat selfs tabelle met Suid-Afrikaanse tariewe aangestuur het.

Volgens die Wes-Kaapprovinsie se webtuiste kos dit R7 vir die aansoek om 'n permit vir ontspanningsdoeleindes. Vir die uitreiking van 'n jaarpermit is die tariewe volgens die Suid-Afrikaanse departement van landbou, bosbou en visserye soos volg: Vir kreef, weekdiere (insluitende seekat, pylinkvis, wurms en seeplante), modderkrap en mariene akwariumvis kos dit onderskeidelik R87.

Permitte vir spieshengel en die gebruik van 'n vangnet beloop ook R87 en vir skubaduik in 'n beskermde mariene gebied is dit R85.

Vir hengel kos dit R69.

In Suid-Afrika kan ook aansoek gedoen word om 'n korttermynpermit wat vir vier weke geldig is. Pryse wissel tussen R42 en R50.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer