Ministerie sê oor babalykie in boks
Ná 'n stilgeboorte kon die ouers glo nie 'n doodkis bekostig nie.
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is gewillig om in oorleg met die familie van 'n doodgebore baba wat na bewering in 'n boks in die Noorde begrawe is, die oorskot op te grawe en dit 'n waardige begrafnis te gee.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het gereageer op 'n video wat wyd op sosiale media versprei het oor die beweerde sterfte en begrafnis van 'n baba in 'n boks by die Katolieke hospitaal op Oshikuku.
Volgens Nangombe is die baba op 31 Desember in die betrokke hospitaal doodgebore.
Die video wys die beweerde hantering van die baba se lykie wat glo deur hospitaalwerkers aan die ouers oorhandig is om begrawe te word. Dit wys ook 'n man wat 'n graf grawe. Die video kan moontlik op 8 Januarie geneem gewees het.
Volgens Nangombe het 'n Angolese vrou wat in Namibië woon by die Oshikuku Katolieke hospitaal aangedoen en gesê sy voel geen beweging van haar baba nie. Sy was 32 weke swanger en tydens 'n ondersoek is geen hartklop gevind nie.
Die vrou is geïnduseer en die baba is doodgebore. Die suster in beheer van die kraamsaal het aan die vrou die prosedures verduidelik wat in so 'n geval gevolg word. Dit behels dat die ma met haar ontslag uit die hospitaal moet besluit of die baba veras of begrawe moet word.
Die vrou het volgens Nangombe ingevolge kulturele gebruik gekies om die baba te laat begrawe.
Die liggaam is na die lykhuis van die hospitaal geneem om die familie die kans te gun om die nodige begrafnisreëlings te tref.
Op 3 Januarie het die ma en haar broer die liggaam by die lykhuis kom opeis, maar is aangesê om 'n kis te bring. Hul antwoord was egter dat hulle nie geld vir 'n kis het nie.
“Hulle het vir 'n kartonboks gevra om die liggaam in te sit. Die lykshuisbeampte het hulle ingelig om na die kraamsaal te gaan vir 'n verduideliking oor die korrekte prosedures vir die eis en hantering van die liggaam,” het Nangombe verduidelik.
Volgens hom is die man in die video wat die boks dra, die ma se broer.
“Hy het aan owerhede gesê daar was 'n man wat die video geneem het terwyl hy onderweg na die begraafplaas was.”
Nangombe het beklemtoon die ministerie voldoen aan die wetlike voorsiening wat vir die hantering van oorskot gemaak word.
“Waar 'n familie nie in staat is om 'n begrafnis te betaal nie, word voorsiening gemaak dat die persoon of oorskot as 'n armlastige begrawe word. Voorsiening word hiervoor in die wette van plaaslike owerhede gemaak en dit is 'n praktyk wat van tyd tot tyd met die toestemming van die minister van gesondheid en in ooreenstemming met plaaslike owerhede plaasvind,” het Nangombe verduidelik.
Hy het gemaan die lykhuis se oorhandiging van menslike oorskot in 'n kartonboks is teen die gevestigde praktyk van die ministerie en die regsvereistes.
Nangombe het 'n beroep gedoen vir inligting oor die identiteit van die persone wat die video geneem het, om die volle besonderhede te kry van wat presies gebeur het.
– [email protected]
FOTO
’n Skermgreep uit die video waar die moeder se broer saam met nog ’n persoon in die rigting van die begraafplaas beweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie