Ministerie van gesondheid opdrag gegee om kapasiteit vir mediese suurstof te verhoog
Die kabinet het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste opdrag gegee om die kapasiteit te verhoog van sy stelsel om mediese suurstof te genereer om die druk op teaters, intensiewesorg- en isolasie-eenhede te verbeter en om sodoende meer Covid-19-pasiënte te kan huisves.
Volgens die minister van inligting, kommunikasie en tegnologie, dr. Peya Mushelenga, is dit een van die kabinetsbesluite wat in die lig van die stygende aantal Covid-19-gevalle in die land geneem is. Die ministerie is ook opdrag gegee om bykomende ruimte in gesondheidsgeriewe te skep om Covid-19-pasiënte te huisves, terwyl dit ook bykomende gesondheidswerkers moet werf om die nasionale reaksieplan teen die pandemie te ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie