Ministerie verduidelik duurder brandstof
Die ministerie van myne en energie sê die onderverhaling in die prys van brandstof in Julie vanjaar was N$2 per liter vir petrol en N$1,64 per liter vir diesel omdat dit teen 'n hoër koste aangekoop is as wat die basiese brandstofprys (BFP) plaaslik was.
"Dit beteken die pryse van brandstof moes in Augustus styg," sê die ministerie in 'n verklaring Donderdagoggend waarin hy verduidelik waarom petrol sedert Woensdag N$1 per liter duurder kos en diesel 70 sent per liter duurder is.
Verder, sê die ministerie, subsidieer die Nasionale Energiefonds (NEF) die helfte van die onderverhaling vir petrol, naamlik N$1 per liter, terwyl hy in die geval van diesel net 70 sent per liter van die verbruiker verhaal en 94 sent per liter self absorbeer.
"In die maande sedert Junie 2019 was daar sommige onderverhalings en die verliese is deur die NEF gedra en nie na die verbruiker deurgegee nie - dít is hoekom brandstofpryse nooit verhoog is nie," sê die ministerie, en voeg by "hierdie praktyk is nie goed vir die NEF nie".
"Brandstofpryse moes in Augustus verhoog word om te verseker voorsiening word nie geraak nie." Volgens die ministerie is dit belangrik dat plaaslike petrol- en dieselpryse in pas bly met die pryse in die internasionale mark, "aangesien dit die invoerders help om 'n beter prys te onderhandel siende die BFP die maatstaf is om op 'n betekenisvolle prys ooreen te kom".
Die ministerie wys ook op die styging in die vraag na brandstof nadat inperkingsmaatreëls verslap is en daar meer voertuie op die paaie is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie