Minnaars se moordverhoor begin
Dié saak se voorverhoor-vergadering is Woensdag in Windhoek gehou.
Jacqueline Louw - Die 46-jarige me. Rachel Rittmann (46) en mnr. Rhyno du Preez (33), die minnaars wat daarvan beskuldig word dat hulle Rittmann se man vermoor het, sal op 31 Mei 'n eerste verskyning voor regter Christie Liebenberg in die hoërhof in Windhoek maak.
Rittmann en Du Preez staan tereg op klagte van moord, sameswering met die doel om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.
Volgens die staat het die twee Rittmann se man, die 34-jarige mnr. Rudolph Rittmann, op 23 Augustus 2013 in Gobabis vermoor en hom van sy selfoon, beursie, bankkaarte en sy Isuzu-bakkie beroof.
Hulle het probeer om die spore van hul misdaad uit te wis deur die bakkie, met die slagoffer se liggaam daarin, aan die brand te steek, sê die staat.
Die staat beweer dat Du Preez en die getroude Rittmann in Okahandja saamgewoon het terwyl hulle saam in diens van 'n
kontantleningbesigheid op die dorp was.
Daar word ook beweer dat beide in Mei 2013 afgedank is toe hul werkgewer 'n bedrogsaak teen hulle aanhangig gemaak het.
In die klagstaat word verder beweer Rittmann het ná haar afdanking teruggetrek na haar man op Gobabis, terwyl sy haar verhouding met Du Preez voortgesit het.
Dit staat beweer verder dat Rittmann en Du Preez in Junie 2013 saamgesweer het om Rittmann se man te vermoor en
sy liggaam en voertuig te verbrand.
Rittmann het na bewering 'n erfporsie van haar man verwag, waarmee sy en Du Preez die bedrogsaak teen hulle wou skik. Dit is die staat se saak dat Rittman op die aand van 23 Augustus 2013 geslaap het toe sy vrou en Du Preez hom oorweldig het en met 'n mes gesteek het. Hy het op die toneel gesterf.
Du Preez het toe met die bakkie en Rittmann se liggaam na 'n area naby Kapps Farm, oos van Windhoek, gery en die voertuig aan die brand gesteek, beweer die staat.
Die twee is steeds in aanhouding ná hul inhegtenisname sowat 'n week ná die beweerde moord.
Die prokureurs Boris Isaacks en Milton Engelbrecht verteenwoordig Du Preez en Rittmann onderskeidelik, terwyl adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef namens die staat optree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie