Minstens 100 dood, duisende beseer in kragtige Beiroet-ontploffing
Beiroet lek vanoggend sy wonde.
Inwoners van dié Libanese hoofstad het vanoggend wakker geword met tonele van puin en vernietiging nadat ‘n kragtige ontploffing laat gister by die hawe skokgolwe deur die stad gestuur en tot so ‘n mate verwoesting gesaai het dat minstens 100 mense gesterf en meer as 4 000 beseer is.
Die nuuusagentskap Associated Press (AP) berig rook het vanoggend steeds bo die hawe gedraai waar graan silos verwoes is.
Van die hoofstrate verder weg in die stad lê besaai met bourommel en oral is beskadigde voertuie te sien, terwyl geboue se fasades deur die krag van ontploffing vernietig is.
Mense het deur die nag by hospitale oraloor die stad gewag op nuus oor geliefdes wat vermis word, of wat beseer is. Baie het aanlyn boodskappe geplaas waarin hulle vir hulp gevra het.
‘n Beampte van die Rooikruis, George Kettane, het aan AP gesê ministers 100 mense is dood en meer as 4 000 is beseer. Volgens hom kan die dodetal verder styg.
Die minister van binnelandse sake, Mohammed Fahmi, het aan ‘n plaaslike televisiestasie gesê dit wil voorkom die verwoesting is veroorsaak toe meer as 2 700 ton ammoniumnitraat wat in ‘n pakstoor by die hawe geberg is, aan die brand geraak en ontplof het. Die vrag ammoniumnitraat was in die pakstoor sedert 2014 toe dit van ‘n vragskip gekonfiskeer is.
Ammoniumnitraat word vir die vervaardiging van kunsmis, asook vir plofstof gebruik.
Dit is die ergste ontploffing ooit in dié stad wat gedurende die burgeroorlog van 1975-1990 gereeld gebombardeer is en onder terreuraanvalle deurgeloop het.
``L'Apocalypse,'' het die hoofopskrif van Libanon se Franse koerant, L'Orient Le Jour, vanoggend verklaar. Die koerant, al-Akhbar, se voorblad bevat ‘n foto van die verwoeste hawe met die woorde: “Die groot verval”.
Foto’s: Nampa/Xinhua en Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie